Bob Hewitt voor vir verkragting

Deel op

hewittDie voormalige tenniskampioen, Bob Hewitt, wat van verkragting beskuldig word, sal na verwagting vanoggend in die Boksburgse landdroshof verskyn.

Die 73-jarige Hewitt staan tereg op twee aanklagte van verkragting.

Een van die voorvalle het glo by Sun City in 1981 plaasgevind, en die tweede in 1982 in Boksburg aan die Oos-Rand.

Albei sy vermeende slagoffers was 16 jaar oud toe die voorvalle plaasgevind het en ‘n derde jonger as 18.

Hewitt staar benewens die aanklag van verkragting ook ‘n aanklag van onsedelike aanranding in die gesig.

Die voormalige Grand Slam-dubbelskampioen het die bewerings ontken en dreig om die vermeende slagoffers te dagvaar.

Hy is tans in Port Elizabeth woonagtig en kon weens ‘n siekte nie ‘n vorige keer in die hof verskyn nie, het sy prokureur Alwyn Griebenow aan die hof gesê.

Sy saak moes ‘n voorheen op op 4 Oktober aangehoor word.

Landdros Emmanuel Magampa het gesê ‘n lasbrief sal tot Hewitt se volgende verskyning weerhou word.

Die saak is uitgestel nadat die staat gesê het ‘n aansoek is ingedien om al drie aanklagte in een hof te hoor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.