Tsjeggiese mafiabaas hoor oor borg

Deel op
Die mafiabaas
Die mafiabaas

Die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir behoort vandag te weet of hy borgtog toegestaan gaan word of nie.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan na verwagting sy uitspraak lewer in ‘n dringende aansoek deur Krejcir se regspan om die hof se besluit om hom borgtog te weier, om te keer.

Die aansoek is Vrydag in die hooggeregshof gebring. Krejcir, Desai Luphondo en twee lede van die Valke, Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane is in November in hegtenis geneem.

Hulle word aangekla van ontvoering, aanranding en poging tot moord.

Hulle het na bewering in Junie verlede jaar ‘n man ontvoer en aangerand nadat sy broer met 25 kilogram tik verdwyn het wat hy uit die land moes smokkel.

Krejcir is op 13 Desember in die Palm Ridge landdroshof borgtog geweier. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.