Regsgeding om CIA se rol in Mandela se arrestasie te toon

Deel op

mandelacia‘n Amerikaanse student het met ‘n regsgeding teen die CIA begin om meer oor Mandela se inhegtenisname te wete te kom.

Die veldtog word deur talle linkse anti-wit aktviste gesteun in die hoop om die konserwatiewe Amerikaners in ‘n slegte lig te stel, maar ook deur ontleders wat Mandela se rol in die aanhitsing van geweld en terreur wil ondersoek.

Die student hoop om dokumente te bekom wat na bewering toon dat die Amerikaanse intellegensiediens te nouste betrokke was om Mandela in 1962 vas te trek by ‘n padblokkade.

Mandela is na die inhegtenisneming skuldig bevind tydens die Rivonia-hofsaak, en moes die doodstraf kry weens hoogverraad nadat hy destyds ‘n gewelddadige oorname beplan het.

Hy is begenadig en vir 27 jaar tronk toe gestuur. Hy het nooit geweld afgesweer nie.

Ryan Shapiro, ‘n PhD student by die Massachusetts Institute of Technology, het met die regstappe begin nadat die CIA nie gehoor gegee het aan sy versoeke om onder Vryheid van Inligting toegang tot die besonderhede van die inhegtenisname te kry nie.

Hy het die versoek by die agentskap ingedien maar die Amerikaanse spioenasiediens wou dit nie vrystel nie.

Shapiro voer aan dat die CIA weier om die dokumente te oorhandig in weerwil van wetgewing wat dit moontlik maak.

Die CIA wou nie reageer op die kwessie nie, en sê hulle kan nie kommentaar op ‘n hangende hofgeding lewer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.