Pasop vir malaria en knokkelkoors!

Deel op
dengue
Aedes aegypti-muskiet

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) moedig reisigers wat terugkeer van Mosambiek en ander malariabrandpunte aan om onmiddellik ‘n dokter te raadpleeg as hulle ‘n koors het.

“Daar kan ‘n rekord aantal gevalle van malaria wees as gevolg van die swaar reën oor die vakansieseisoen,” sê prof Lucille Blumberg, adjunk-direkteur van die instituut .

Mosambiek het met ‘n aantal van sy malariaprogramme weggedoen, insluitende dié wat binnenshuise bespuiting met insekdoders behels.

Reën verhoog die kans vir malaria want selfs ‘n klein plassie kan ‘n teelaarde vir muskiete word,

Dikwels word koors, hoofpyn en naarheid wat malariasimptome is, verkeerdelik as griep gediagnoseer.

Blumberg het gesê dat elke jaar sterf jong en gesonde mense van die siekte omdat hulle nie dadelik behandeling ontvang nie.

Verlede jaar het ‘n man is siek geword van ‘n Gnathostoma-rondewurm .

Hy het rou vis geëet, ‘n lekkerny van die Karibameer tussen die grens van Zambië en Zimbabwe.

Die parasiet in die vis wat hy geëet het was weens ‘n ete wat nie gaargemaak was nie.

Hy het koors en diarree ontwikkel met sy terugkeer na Suid-Afrika en is getoets vir malaria. Die toetse was negatief.

Daar was 1794 gevalle van malaria in Johannesburg verlede jaar, wat lei tot 23 sterftes.

Ander reis-verwante siektes ná die Kersvakansie sluit bilharzia en bosluisbytkoors in. Die bosluisbyte is moeilik om te sien en kan deur dokters gemis word.

Reisigers wat terugkeer uit Suidoos-Asië en Angola moet bewus wees dat hulle dalk blootgestel kon gewees het aan die virus wat knokkelkoors veroorsaak, wat soms ook noodlottig kan wees.

Knokkelkoors is ‘n infeksie wat deur muskiete in tropiese en subtropiese streke oorgedra word.

Angola het ‘n uitbreking van die siekte in Mei gehad wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aangeteken is en ‘n geval is in Namibië aangeteken.

Die infeksie veroorsaak simptome soortgelyk aan verkoue, maar ontwikkel soms in ‘n potensieel gevaarlike komplikasie wat as erge koors bekend staan. Die voorkoming van die siekte hang van voldoende oordragbeheermaatreëls af.

Die Aedes aegypti-muskiet die hoofdraer van die siekte en word dit na mense deur die byte van besmette vroulike muskiete oorgedra. Ná die virus se inkubasietydperk van vier tot tien dae, kan ‘n besmette muskiet die virus vir die res van sy lewe oordra.

Daar is geen spesifieke behandeling teen knokkelkoors nie, terwyl die handhawing van volume van pasiënte met erge koors se liggaamvloeistof kritiek is. Daar is ook geen entstof teen die siekte nie.

Moontlike gevalle van knokkelkoors sluit volgens die ministerie ‘n hoë koors (40°C) tesame met twee van die volgende simptome in: erge kopseer, pyn agter die oë, spier- en gewrigpyne, naarheid, braking, geswelde kliere of ‘n uitslag.

Simptome duur gewoonlik van twee tot sewe dae na ‘n inkubasietydperk van vier tot tien dae.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.