Swaar reën looi Oos-Kaap

Deel op

floodsecDie N1-snelweg tussen Laingsburg en Prince Albert in die Wes-Kaap is heropen na oorstromings in die gebied.

Die plaaslike Wilgerhoutrivier het vroeër oor sy walle gestoot, wat die sluiting van die N1 genoodsaak het en ‘n swaar las op die verkeer geplaas het.

Motoriste wat deur Laingsburg ry, is aangeraai om met omsigtigheid te bestuur. Die swaar reën het miljoene rande in skade veroorsaak in die dorp .

Die polisie het intussen die lyke van twee mense wat in Robertson deur die oorstroomde Breederivier meegesleur is, gekry. Hulle het onder ‘n brug geslaap toe die voorval plaasgevind het Woensdag .

Die polisiewoordvoerder, Elvis Mahote sê nog ‘n man het in die rivier geval van die Adderleystraatbrug in Robertson.

“Die polisie is steeds op soek langs die rivier na die liggaam van ‘n 36-jarige man van Nkqubela, Robertson.”

Intussen is daar geen uitkoms vir die reeds oorstroomde dorpie Pearston in die Oos-Kaap nie, nadat meer swaar reën geval het.

Fratsvloede het die gebied getref vroeër in die week nadat die Blyderivier sy walle oorstroom het.

Die hoof van Rampbestuur in die Cacadu distriksmunisipaliteit, Mandisa Nohashe, sê die dorp kan moontlik tot ‘n rampgebied verklaar word.

Hy sê hulle sal Vrydag vergader om die skade te bekyk, ‘n kosteberaming te doen en dan te besluit of dit ingevolge wetgewing ‘n ramptoestand is of nie.

Verskeie mense is op Ladismith in die Wes-Kaap van die buitewêreld afgesny nadat die Touwsrivier sy walle oorstroom het.

Die verkeer op talle hoofroetes is steeds ontwrig.

Verskeie plase is weens die reën van die buitewêreld afgesny en huise in die Breederiviervallei, Laingsburg, Hessequa en George is oorstroom.

In die Oos-Kaap is agt kinders uit die Thinarivier gered na swaar reën in die Mpindwenigebied.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.