Zambiese opposisielid vas nadat hy president patat noem

Deel op
Pres. Sata, moeg vir opposisie
Pres. Sata, moeg vir opposisie

Zambiese polisie het ‘n leier van die opposisie vir laster in hegtenis geneem en aangekla, nadat hy die president met ‘n patat vergelyk het.

Frank Bwalya , hoof van die Alliance for a better Zambia, het na bewering verwys na president Michael Sata as “Chumbu Mushololwa” tydens ‘n radio -uitsending.

Die Bemba-term verwys letterlik na ‘n patat wat breek wanneer dit gebuig word en word gebruik om iemand wat nie ag slaan op advies nie, te beskryf.

Bwalya , ‘n voormalige Katolieke priester en ondersteuner van Sata, is die jongste leier van die opposisie wat Zambië se leier omkrap.

In September is Nevers Sekwila Mumba van die Movement for Multiparty Democracy deur die polisie ondervra nadat hy Sata ‘n leuenaar genoem het.

Ten spyte van goeie arbeidswette, raak Sata se uitsprake al hoe meer diktatoriaal en populisties, sê ontleders.

Die regering het verlede jaar gedreig om alle Shoprite-winkels te sluit nadat die Suid-Afrikaanse maatskappy 3000 werkers wat onwettig gestaak het oor betaling, wou afdank.

Shoprite, Afrika se grootste kleinhandelaar, moes daarna inderhaas teruggekrabbel en die werkers weer aanstel.

“Die polisie het besluit om hom [Bwalya] in hegtenis te neem en aan te kla van laster,” het Eric Chanda , die sekretaris-generaal van Alliansie gesê.

As Bwalya skuldig bevind word, staar hy ‘n maksimum tronkstraf van vyf jaar in die gesig.

“President Sata is dieselfde ou man wat op alle radiostasies gelaster het teen oudpresidente Banda en Mwanawasa en niemand het hom in hegtenis geneem nie,” het Chanda gesê.

Oud-president Rupiah Banda is voor die howe gedaag op verskeie aanklagte van korrupsie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.