Die Departement van Basiese Onderwys se tegniese verslag na die 2013 matriekuitslae toon dat swart tienermeisies steeds swakker vaar as tienerseuns.
Van die seuns het tagtig persent verlede jaar matriek geslaag teenoor 78 persent van die meisies.
Met ‘n groter groep meisies wat matriek geskryf het, was die algehele slaagsyfer 78,2%.
Die neiging het oor die afgelope paar jaar egter nog nie verander nie.
‘n Dosent van die Universiteit van die Vrystaat, Rita Niemann, sê dit is ‘n aanduiding van ‘n groter maatskaplike probleem, spesifiek wat betref tienerswangerskappe.
In swart kulture is kinders ‘n statussimbool en die swangerskappe word nie as ‘n probleem beskou nie.
Niemann sê selfs al maak die wet daarvoor voorsiening dat swanger meisies na geboorte kan terugkeer skooltoe, is die werklikheid dat hulle tuisbly.
Die staatsuitkerings vir jong moeders moedig ook swart swangerskappe aan.