‘Armes kan ook presteer’

Deel op
Weskaapse skole vol bendes en dwelms
Weskaapse skole vol bendes en dwelms

Die Departement van Basiese Onderwys het woedend gereageer op oproepe van die Demokratiese Alliansie dat ‘n volskaalse oudit van verlede jaar se matriekuitslae gehou word.

Die DA-leier, Helen Zille het gister gesê die regering moet dringend en onafhanklik die geloofwaardigheid van verlede jaar se uitslae en dié van toekomstige matriekeksamens ondersoek.

Die departement voer aan dat die DA, wat die Wes-Kaap beheer, jaloers is omdat ‘n ander provinsie die beste in die eksamen gevaar het.

Die Vrystaat is vanjaar as die beste presteerder aangewys, nadat die Wes-Kaap sedert 2008 die plek beklee het.

Die departement se woordvoerder, Panyaza Lesufi, sê die DA wil nie erken dat arm mense ook goed kan presteer nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.