Rusland sê terreur volg oral dieselfde patroon

Deel op
Poetin besoek 'n slagoffer van die Wolgograd-aanval
Poetin besoek ‘n slagoffer van die Wolgograd-aanval

Rusland sê misdadige terreuraanvalle volg oral in die wêreld presies dieselfde patroon.

Die land se veiligheidsmagte het, ‘n maand voordat die winterspele in die Swartsee-oord, Sotsji begin, een van die grootste veiligheidsoperasies in die geskiedenis van die Olimpiese spele van stapel gestuur.

Die onlangse selfmoordbomaanvalle in Wolgograd toon dat dit tyd vir internasionale spelers is om op te hou om terroriste in “goeie” en ” slegte” mense op grond van ‘n geopolitiese agenda in te deel, het Rusland se ministerie van buitelandse sake gesê .

Die wêreld moet verenig in ‘n stryd teen die bedreiging, het die ministerie bygevoeg.

“Die aanvalle, sinies beplan op die vooraand van die Nuwejaarsvieringe, is ‘n poging deur die terroriste om ‘n tuisfront oop te maak, paniek en chaos te veroorsaak, intergelooftwis en konflik binne die Russiese samelewing te saai,” het die ministerie in ‘n verklaring gesê.

Die ministerie het beklemtoon dat die Wolgogradaanvalle presies op dieselfde patroon as die afgelope terreuraanvalle in die VSA , Sirië , Irak , Libië, Afghanistan , Nigerië, en ander lande uitgevoer is.

“Die posisie van sommige politici en politieke strateë , wat nog steeds probeer om terroriste as “goeie” en “slegte” mense, afhangende van die huidige geopolitieke doelwitte, te verdeel, is duidelik slu,” het die ministerie beklemtoon.

“Terrorisme is altyd ‘n misdaad en die straf daarvoor moet onvermydelik wees.”

Die owerhede het meer as 30.000 polisiebeamptes en troepe van die departement van binnelandse sake in die gebied ontplooi.

Die grootste bron van kommer is ‘n moontlike aanval deur Islamitiese militante uit die Kaukasus wat deur Westerse belangegroepe befonds en bestuur word.

Verlede maand is twee dodelike bomaanvalle in die stad, Wolgograd uitgevoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.