Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral ) het die jaar begin met ‘n faktuurramp.
Die agentskap is die implementeerders van die omstrede e-tolstelsel wat op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking getree het.
Padgebruikers wat die skyfies aangeskaf het in die hoop om afslag te kry, het Praag gekontak om te kla oor hemelhoë rekeninge wat hulle reeds ontvang het, terwyl hulle die snelweg een of twee keer gebruik het oor ‘n afstand van minder as 10 km onder net een elektroniese oorbrug.
Een motoris het ‘n rekening ontvang van R200 vir vier kort ritte.
Motoriste ontvang SMS’e of e-pos wat sê dat hulle geld skuld en hul rekeninge oorhandig sal word vir invordering.
Van die motoriste is oorlede of in ander provinsies wat die dreigboodskappe ontvang het.
Outa sê hulle het versoek dat die Openbare Beskermer se adjunk dadelik ‘n alternatiewe dispuutresolusieproses in werking stel.
Intussen het Sanral sê oor 963.000 e-skyfies vir padgebruikers is uitgereik in Gauteng sedert e-tol aan die begin van Desember afgeskop het.
Sanral se Vusi Mona sê dit beteken dat daar ‘n toename van meer as 300.000 is sedert die aanvang van die gehate stelsel.
Die minister van vervoer, Dipuo Peters het in Desember aangekondig dat 660.000 e-skyfies in sirkulasie is.
Verskeie organisasies, waaronder Outa en Cosatu, sal voortgaan om die e-tolstelsel teen te staan in Gauteng en het motoriste aangemoedig om nie e-skyfies te koop nie.