Onwettige myners uit ou skag gered

Deel op

minersVolgens die polisie is sowat 30 vermeende onwettige myners uit ‘n ou goudmynskag op Florida aan die Wes-Rand gered.

Hulle sal Woensdag die soektog vir meer mense hervat, wat vermoedelik nog ondergronds vasgekeer is.

Minstens drie van hulle het ernstige beserings opgedoen nadat gevegte ondergronds tussen twee strydende bendes uitgebreek het.

Die mans was vasgekeer nadat ‘n tou na die oppervlak gesny is.

Die polisie se kolonel Noxolo Kweza het gesê: “Tot dusver het ons 30 mense gered. Ons het onwettige myners gekry en ons het hulle uitgehaal want hulle is nie veronderstel om daar te wees nie. Hulle is daar onwettig. Ons prioriteit is nou om seker te maak dat daar niemand oorbly nie en ons sal aanhou om terug te gaan om seker te maak.”

Volgens die polisie sal die verdagtes teregstaan op aanklagte van onwettige mynbedrywighede en betreding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.