Polisie betrek by moord op winkeleienaar

Deel op

montanamarkDie polisie word betrek by die ontvoering en moord van ‘n winkeleienaar by die Montana-handelaarsmark in die noorde van Pretoria.

Usman Saeed se liggaam is in Desember verlede jaar langs ‘n grondpad naby Cullinan gevind.

Die ondersoekbeampte, Mari Petzer, het aan die landdroshof in Pretoria-Noord gesê getuies sal getuig dat een van die ontvoerders ‘n polisie-uniform gedra het en dat die beskuldigde ‘n dag voor die ontvoering ‘n vergadering met polisielede gehad het.

Abdul Rana Raulf, Amir Shah en Schabir Mohamed doen aansoek om borgtog op aanklagte van moord en ontvoering.

Saeed se vrou, Lynette, sê dit was veral gister baie moeilik vir die familie omdat haar suster, Odette haar matriekuitslae gekry het.

“Dit was ‘n baie emosionele oomblik omdat hy haar belowe het dat hy haar ‘n duisend rand vir elke onderskeid wat sy kry, sal gee. Vanoggend [Dinsdag] toe sy het haar resultate gekry en sy het vyf onderskeidings. Dit was baie oorweldigend, want hy is nie hier om dit met ons te deel nie.”

Die borgtogaansoek sal Vrydag voortgaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.