Klagtes oor SMS-matriekuitslae traag is

Deel op

matricsmsDie SABC is oorval met navrae oor SMS’e van die matriekuitslae wat nog nie ontvang is nie.

Die SMS’e was veronderstel om vanaf 06:00 Dinsdagoggend in groepe uitgestuur te word op ‘n basis van wie die vroegste geregistreer het.

Die diens kos R3 per SMS.

Daar is ‘n groot aantal mense wat vir SMS’e geregistreer het en daar kan ook vertragings met individuele sellulêre diensverskaffers wees.

SABC Onderwys vra om verskoning vir die vertraging, maar die SMS-diensverskaffer het verseker almal wat geregistreer het, die SMS’e so vinnig as moontlik sal ontvang.

Die SMS’e sal voortgaan om te gestuur word tot 06:00 Dinsdagaand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.