Voedselprysskok wag op verbuikers

Deel op

eggsSuid-Afrika se verbruikers kan tot 50 persent meer vir mieliemeel, vleis en pluimveeprodukte betaal met mieliepryse wat in die nuwe jaar die hoogte ingeskiet het as gevolg van lae voorraad, ‘n swakker rand en die olieprysstyging, het ontleders gesê.

Die jongste data toon dat die land se beskikbare witmielievoorraad 23 dae van die vraag kon dek aan die einde van November – af van 37 dae aan die einde van Junie – as gevolg van droë weerstoestande.

Die voorraad van geel mielies, wat hoofsaaklik gebruik word as voer, het van 42 dae vyf maande vroeër tot 30 dae gedaal.

Ontleders het gesê dit veroorsaak ‘n paniek in die mieliemark, wat daartoe lei dat meulenaars teen hoër pryse opgaar.

Die nuutste Absa Agri Trend-analise van die mark vir November toon die droogte in Noord-Wes sal voortgaan om opwaartse druk op mieliepryse te sit .

Thys Grobbelaar, ‘n ontleder by Senwes , het gesê die swakker rand en die droë weer was die grootste bekommernis vir mielieprodusente .

Suid -Afrika het ook ‘n aansienlike tonnemaat mielies na Botswana, Zambië en Namibië uitgevoer.

Hy beraam dat witmieliepryse met tussen 47 persent en 50 persent toegeneem het in die afgelope jaar.

Witmieliepryse het verlede jaar van R2 050 per ton gestyg in Januarie tot sowat R3 000 per ton op die oomblik.

Voedselprodusente sal in die knyptang gevang word, want hulle kan nie eensydig eindprodukpryseverhoog nie weens verbruikerweerstand het Grobbelaar gesê .

“Verbruikers sal seker ‘n alternatief vir mieliemeel vind en kies vir goedkoper stysel soos rys of aartappels.”

Hy het gesê die prys van eiers, melk, vleis, hoenders en ander vleisprodukte kan ook verhoog as gevolg van die toename in die geelmielieprys .

Grobbelaar het gesê verbruikers sal die impak van die prys onmiddellik en vir die res van die jaar voel.

“Die verswakking van die rand het ook ‘n groot rol in die voedsel prysstygings gespeel. Dit bly ‘n bron van kommer.”

Kevin Lovell, SA Pluimveevereniging se uitvoerende hoof, het gesê die mielieprys sal nie net ‘n uitwerking op die prys van voer hê nie, maar dit sal ook ‘n groot impak op die pluimveebedryf se internasionale mededingendheid hê, omdat die pryse van mielies elders in die wêreld val, waar gewasse floreer.

Hy het gesê geelmielies verteenwoordig ongeveer 65 persent van die produksiekoste van ‘n lewendige voël en ongeveer 50 persent van die finale produksiekoste.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.