Polisie-moordlys is ‘warm lug’

Deel op
bhekicele
Bheki Cele

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het ‘n beroep op die voormalige polisiehoof , Bheki Cele gedoen om die “warm lug” rondom die beweerde moordlys te verduidelik waar senior offisiere geteiken word.

“Hy moet verduidelik waar hy hierdie dinge kry en rondgaan en dinge oor lyste sê ,” het hy gesê.

Mthethwa het gister in Pretoria gepraat nadat hy senior polisie-amptenare individueel ontmoet het wat op die beweerde moordlys verskyn, in ‘n poging om die geloofwaardigheid daarvan te peil.

Die lys van 18 is glo Saterdag genoem deur Cele by die begrafnis van luitenant-generaal Mzondeki Tshabalala.

Tshabalala , wat dood aangetref is in sy kantoor by die polisie se hoofkantoor in Pretoria op Oukersaand, was glo op die lys.

Ander name op die lys is luitenant-generaal Anwar Dramat, hoof van die Valke, geskorsde misdaadintelligensiebaas generaal-majoor Chris Ngcobo, luitenant -generaal Mondli Zuma, afdelingskommissaris Gary Kruser, KwaZulu-Natal se provinsiale kommissaris luitenant-generaal Mmamonye Ngobeni, en waarnemende Kwa-Zulu-Natalse misdaadintelligensiehoof luitenant-generaal Thuso Tshika.

Mthethwa het sy reis na Mpumalanga kortgeknip – waar hy veronderstel was om die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergadering by te woon – weens bespiegelinge oor die moordlys.

Mthethwa het ná die vergadering gesê dat nie een van die senior polisiebeamptes geweet het van die lys nie.

“Dit is warm lug. Dit is snert. Iemand het hierdie bekonkel om ons te mislei,” het hy gesê. Hy het gesê die lys se doel was kwaadwillig om chaos te saai met ‘n integrasieproses en mense te verdeel.

Hy het gesê hy die generaals en brigadiers het aangedring om nie verdeel te word nie, maar om te fokus op hul werk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.