Slovo se dood herdenk

Deel op

slovoDie Suid-Afrikaanse Kommunisteparty herdenk vandag by die Avalon-begraafplaas in Soweto die dood van sy voormalige hoofsekretaris, Joe Slovo.

Hy is in 1995 ná ‘n lang stryd teen kanker oorlede.

Slovo, wat die minister van behuising in die eenheidsregering was, is 19 jaar gelede oorlede.

Hy het in 1942 by die SAKP aangesluit en ook in die ANC se nasionale uitvoerende raad gedien.

‘n Woordvoerder van die SAKP, Alex Mashilo sê dat die oorgang tot demokrasie nie sonder Slovo moontlik sou gewees het nie, omdat hy belangrike bydraes tydens die 1990-onderhandelings gelewer het toe die samesprekinge vasgeval het.

Mashilo het gesê Slovo was een van die stigterslede van die Congress of Democrats en in die nasionale raadplegende komitee wat die Vryheidsmanifes geskryf het.

Die Vryheidsmanifes bevat sekere klousules om aan die swart massas toegang tot die demokrasie te gee, het Mashilo gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.