Mandela-fliek in Britse top-tien

Deel op
Deon Lotz
Deon Lotz

Die film Mandela: Long Walk to Freedom het in Brittanje en Ierland geopen en sal na verwagting oor die R26 miljoen in sy eerste drie dae van die vrystelling inoes.

Die film is gewild by die Britte en Iere en sal die naweek een van die top 10 presteerders by die Britse loket wees, het het die film se produsente gesê in ‘n verklaring.

“Die sterk loketprestasie kom op die rug van positiewe resensies van die Verenigde Koninkryk se kritici.”

Die film is gebaseer op die voormalige president Nelson Mandela se outobiografie Britse loket Long Walk to Freedom . Dit het Vrydag in Brittanje en Ierland geopen.

“Dit is inderdaad ‘n formidabele opening. Die Britse publiek is ‘n diverse een en die sterk loketprestasie toon die wye trefkrag van die film,” sê filmmaker Anant Singh .

Verlede maand, is die film vir drie Golden Globe-toekennings genomineer

Die filmsterre is die Britse akteurs Idris Elba en Naomie Harris, Suid-Afrikaanse akteurs Tony Kgoroge , Riaad Moosa , Lindiwe Matshikiza , Terry Pheto , Jamie Bartlett , en Deon Lotz .

Elba is vir beste akteur vir sy rol as Nelson Mandela genomineer, Alex Heffes vir beste oorspronklike musiek en U2 is vir die beste oorspronklike temaliedjie.

Die Golden Globe-seremonie sal Sondag in Los Angeles plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.