Soennie-geweld in Irak duur voort

Deel op

iraqBomme wat in motors en langs die pad in Bagdad ontplof het, het minstens 19 mense gedood in Irak.

Die dodelikste aanval het in die hoofsaaklik Sjiïtiese gebied, Shaab plaasgevind, waar minstens 9 mense dood en 25 beseer is.

Soennitiese insurgente het hul aanslae op die Irakse sekuriteitsmagte en ondersteuners van die premier, Nuri al-Maliki die afgelope tyd verskerp.

Militante wat bande met al-Kaida het, het ook beheer oorgeneem van Ramadi en Falluja, wat die grootste stede in die Soennities-oorheersde provinsie, Anbar is.

Inwoners het intussen in groot getalle van die sporadiese gevegte wat uitbreek, begin vlug.

Die VSA sal die Irakse regering bystaan in sy stryd teen al-Kaida-verbonde Soennitiese militante in die Anbar provinsie.

Die land sê hy sal egter geen troepe terug na Irak stuur nie.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry sê Washington is besorgd oor die gebeure in Anbar. Hy het nie uitgewy oor watter vorm die hulp sal aanneem nie.

Washington het al verskeie kere aan Premier Maliki aanbeveel dat hy ‘n magsdelingooreenkoms met die Soennitiese minderheid aangaan. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.