Marikana-ondersoek hervat

Deel op
calitz
Brig. Adriaan Calitz

Die Marikana Kommissie van Ondersoek sal na verwagting vanoggend hervat word ná ‘n maandlange reses.

Verlede maand het Brigadier Adriaan Calitz van die polisie getuig.

Hy het getuig oor of die polisie uit noodweer opgetree het toe hulle in 2012 op die stakende mynwerkers geskiet het.

Vier-en-dertig myners is in die skietery dood.

Die regsverteenwoordiger van die gesinne van die myners, Dumisa Ntsebeza het hom gepeper met vrae oor of die polisie aangeval was.

Die gesinne van die Amcu-stakers beweer die polisie het nie uit noodweer opgetree nie, alhoewel daar volgens Calitz intelligensie oor opsetlike provokasie en uittarting was.

‘n Woordvoerder van die Kommissie, Phuti Setati sê Calitz sal verder getuig, waarna Kolonel Solomon Vermaak van die SAPD geroep sal word.

Twintig getuies moet nog ondervra word, het RSG berig.

Verlede jaar, het die regsverteenwoordigers van die 200 stakers wat in hegtenis geneem is, onttrek van die verrigtinge. Hulle wou deur die Staat betaal word.

Na maande se twis het die Regshulpraad van Suid-Afrika ‘n mandaat om hulle te betaal gekry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.