Swartes betoog oor Israel se aanhouding van immigrante

Deel op

israelswartDuisende swart immigrante het Sondag in Tel Aviv betoog teen ‘n nuwe aanhoudingswet wat toelaat dat immigrante na ‘n woestyntronk toe gestuur word.

Die betogings in Israel het gelei tot ‘n seldsame en sterk bewoorde verklaring van die VN se vlugtelingagentskap.

Die verklaring sê dat die aanhouding van immigrante wat broodwinners insluit, “swaarkry en lyding” veroorsaak en “nie in lyn is met” die wêreldverdrag van 1951 oor die behandeling van vlugtelinge nie.

Menseregtegroepe sê meer as 300 mense is in hegtenis geneem omdat die wet toelaat dat die owerhede immigrante sonder ‘n geldige visum onbepaald aanhou.

Dit is drie weke gelede deur Israel se parlement aangeneem. Premier Benjamin Netanyahu het gesê hy beskou die teenwoordigheid van die groot aantal swartes as ‘n bedreiging vir Israel se Joodse sosiale struktuur .

Dosyne swartes word voorts gedagvaar tot aanhouding, onder hulle mans met vroue en kinders sê aktiviste en die UNHCR, die VN se hoëkommisariaat vir vlugtelinge

Sowat 60.000 immigrante , hoofsaaklik uit Eritrea en Soedan , stroom sedert 2006 oor ‘n poreuse grens met Egipte na Israel, het die Israeliese owerhede gesê.

Baie woon in die arm gebiede van Tel Aviv en sê hulle soek asiel en veilige hawe.

‘n Israeliese grensheining keer die swart instroming uit Egipte sedert 2012, maar immigrante wat reeds oorgesteek het, word na ‘n oop gevangenis in Israel se suidelike woestyn gestuur.

Die nuwe fasiliteit – wat die brandpunt van die protes deur sowat 10 000 mense in Tel Aviv was – is soortgelyk aan ‘n halfweghuis.

Gevangenes kan die plek gedurende die dag verlaat, maar moet terug wees in die aand.

Immigrante kan daar gehou word sonder ‘n tydsbeperking hangende vrywillige repatriasie, en die implementering van deportasiebevele of die resolusie van hul asielversoeke.

In ‘n skriftelike verklaring sê Walpurga Englbrecht, die UNHCR se verteenwoordiger in Israel, sy is “besonder onrustig” oor die nuutste Israeliese fasiliteit wat “klaarblyklik funksioneer as ‘n aanhoudingsentrum van waar daar is geen vrystelling is nie. Dit beteken in effek onbepaalde aanhouding”.

Sy het Israel aangemoedig om nuwe oplossings te soek, en gesê dat die “bewaringsplekke” vir vlugtelinge is in stryd met die 1951 vlugtelingverdrag.

Englbrecht ook Israel se etikettering van baie immigrante as “infiltreerders” afgemaak, en gesê die meeste is vlugtelinge of verdien internasionale beskerming .

“Die plasing van asielsoekers in dwang wat hulle dwing om te kies om terug te keer sonder om hul asieleise te ondersoek, kan neerkom op ‘n skending van die vlugtelingkonvensie,” het sy gesê .

Hotline for Migrant Workers ‘n organisasie wat swartes ondersteun, beskuldig Israel dat hulle druk toepas op honderde aangehoudenes in hul bewaringsfasiliteite om uitbetalings te aanvaar om die land te verlaat.

Meer as ‘n dosyn het vroeër vanjaar teruggekeer na Eritrea om vrylating uit die plekke van bewaring te verseker.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.