Matriek 2013: Uitslae vanaand bekend

Deel op
matriek2013
Matriek 2013 se uitslae het gearriveer

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sal die uitslae van die 2013 matriekeksamen Maandagaand om sesuur bekend maak.

Die voorspelling is dat die algehele slaagsyfer sal verbeter van 2012 se 73,9%.

Meer as 500 000 voltydse matrikulante het vir die finale eksamen in 2013 geregistreer en die resultate sal Dinsdagoggend in die media bekend gemaak word.

‘n Woordvoerder van die Departement, Elijah Mhlanga, sê die uitslae van die 576.000 voltydse en 130.000 deeltydse matrikulante sal môre in koerante, aanlynmedia, deur sms en deur die Departement se webwerf versprei word.

Matrieks kan ook ‘n draai by hulle skole of eksamensentrums maak om die uitslae te kry.

Leerlinge wat twee of meer vakke druip, kan hulle vir die aanvullingseksamen laat registreer wat aanstaande maand sal plaasvind.

Ten spyte van verwagtinge dat die algehele slaagsyfer sal verbeter, het Lesiba Tefo en Jonathan Jansen gesê die slaagsyfer moet word verhoog na 50%.

Die rektor van die Vrystaatse Universiteit, Jansen, sê regeringskole moet die slaagsyfer verhoog om die land se onderwysstelsel te verbeter. Hy het bygevoeg dat selfs ‘n verbeterde algehele slaagsyfer misleidend is.

Hy het gesê alhoewel 50% steeds laag is, behoort alle vakke dit as ‘n minimum te stel.

Jansen het ook sy kommer uitgespreek oor dat die sowat 500.000 wat vir Graad een ingeskryf het nooit Matriek voltooi het nie.

Die top 30 matrikulante word vandag in Johannesburgse hotelle onthaal terwyl die land wag op die matriekuitslae.

Suid-Afrika se slimste 30 matrikulante weet egter nog nie wat hulle bereik het nie.

Hulle weet nog nie hoeveel onderskeidings hulle behaal het nie of selfs wie is die toppresteerder gaan wees nie. Sommige toppresteerders sê hulle weet nie waar hulle presies in die top 30 inpas nie.

Een het gesê dat hulle dink hulle het A’s in Wiskunde behaal. “Ek dink dit is Wiskunde en Natuur- en Skeikunde. Ek is seker daaroor.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.