‘Rasvermenging skep geslagte lange probleme’

Deel op

roodt_dan_wiki

deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Eintlik wou ek vandag oor iets heel anders geskryf het, oor die Dawid-en-Goliatstryd wat Afrikaners tans moet voer. Daar bestaan ten minste twee of drie Goliats wat op ons afmarsjeer: die groot swart meerderheid in Suid-Afrika, die buitelandse moondhede wat ons reeds lankal afgeskryf het en die hoofstroommedia wat ons nog altyd probeer karikaturiseer en slegmaak.

Die aanleiding hiertoe was ‘n Amerikaanse blitsverkoperboek deur die skrywer Malcolm Gladwell wat in Oktober 2013 verskyn het: David and Goliath: underdogs, misfits and the art of battling giants (Little, Brown & Co.). Ek lees nie gewoonlik sulke popsielkunde nie, maar die tema van die oënskynlik swakker of kleiner deelnemer wat die sterkere oorwin, of dié van ‘n Gideonsbende wat soos by Bloedrivier ‘n getalryker mag aandurf, het my nog altyd geboei.

Dalk skryf ek ‘n volgende keer oor Dawid en Goliat. Maar ek ontdek toe ‘n outobiografiese artikel deur Gladwell wat indirek nogal heelwat sê oor die Suid-Afrikaanse rasseproblematiek. Dit blyk dat Gladwell self van rasgemengde afkoms is, want sy pa was ‘n blanke Engelsman en sy ma ‘n Jamaikaanse kleurling of mulat wat in die vyftigerjare in Brittanje getrou het. Malcolm Gladwell het egter in Kanada grootgeword en het nooit veel oor sy eie ras gedink nie totdat ‘n swart atleet, ‘n verspringer hom – hy het self op skool in die middelafstande uitgeblink – voorkeer:

There was a West Indian on my track team — a magnificent long jumper by the name of Chris Brandy — who came up to me one day, looking closely at my hair and features, and demanded: “What are you?” The question was entirely unexpected, and I remember blinking and stammering, momentarily overwhelmed by that word what. I had always thought that my singular alienation was the result of who I was. But now it occurred to me that perhaps it was the result of something entirely external — the result of nuances of color and skin and lip and curl that put me just outside the world of people like Chris Brandy and just outside the world of the people I grew up with in rural Ontario.

Op foto’s lyk Gladwell, benewens sy taamlike kroes hare, heelwat na ‘n blanke, dus is die vraag van die swart atleet nogal begryplik. Wat Gladwell se artikel egter so fassinerend maak, is dat hy, wat self die produk van rasvermenging is, met ‘n volslae eerlikheid en onbevangenheid daaroor skryf. Aan die einde kom hy tot die pessimistiese gevolgtrekking dat hy “miskien permanent die gyselaar van kwessies rondom rasseverskille is”:

By virtue of my upbringing, I can safely say I am free of racial discrimination. I cannot — without committing an act of extraordinary self-hatred — ever believe that blacks are in any way inferior. But I am also, perhaps permanently, hostage to the questions of racial difference. Racial intermarriage solves one problem in the first generation, only to create another in the next — a generation that cannot ignore difference the way their parents did. I put myself sometimes, in my father’s shoes, back in the late ’50s, and wonder whether I could have done what he did — marry someone, bridge a gulf of human difference, with my eyes entirely closed.

Malcolm Gladwell
Malcolm Gladwell

Gladwell is uiteraard ‘n intelligente man en ‘n mens voel aan dat daar agter hierdie woorde in die Washington Post, een van Amerika se mees liberale en invloedryke koerante, vele ure van pynlike besinning moes skuil. Hy waag dit ook om in ‘n wêreld waar “ras nie meer saak maak nie” of as ‘n blote “sosiale konstruk” geag word, die permanente en onveranderlike aspekte van ras aan te roer.

In die huidige Suid-Afrika sou so ‘n artikel nooit in ‘n hoofstroomkoerant gepubliseer word nie. Enersyds weens die ekstreme politieke korrektheid wat selfs ‘n oud-AWB-lid soos Flip Buys oorreed om op bedenklike gronde teen “rassiste” uit te vaar, andersyds weens die ongelooflike agteruitgang in rasionele denke en ontledingsvermoë wat hierdie samelewing kenmerk. Almal is óf bang om iets te sê óf nie in staat daartoe nie, of albei.

Nou onlangs skryf die digteres en afgetrede literator Lina Spies in ‘n brief aan Die Burger, juis in reaksie op Buys se stereotipe tirade teen “rassisme”:

“Wie is die mense, behalwe Dan Roodt, teen wie se wit meerderwaardigheid Buys skryf, wat met hul ‘dom optrede’ ‘nog meer verbete vyande vir Afrikaners maak’? En as hy beweer dat ‘ons reeds een van die mees gehate groepe in die land is’, wil ek vra hoeveel onse daar in sy pond is.“Nee, meneer Buys, jongmense en jeugdige senior burgers voel hulle nie onder skot van die ‘kanonkoeëls van vooroordele’ nie. Hulle leef vry en gelukkig in ons multikulturele samelewing en die globale werklikheid, en hulle sal hulle beslis distansieer van die omgekeerde rassisme wat aan die grond van u artikel lê.

”“Vry en gelukkig in ons multikulturele samelewing…” Kan enigiemand so ‘n onnosele ding kwytraak? Ek is lankal oortuig dat motorwerktuigkundiges oor die algemeen skerpsinniger denkers as Afrikaanse letterkundiges is, en hier het ons nou nog ‘n bewys daarvan. Ek het respek vir enigiemand wat ‘n kwaal in ‘n stuk ingewikkelde masjinerie kan diagnoseer – teenoor diegene wat siende blind en horende doof op die kampusse rondstrompel.

Boonop het ek nog nooit iewers beweer dat blankes inhererent “meerderwaardig” teenoor ander rasse is nie. Waar kom Lina Spies daaraan? Of is dit die soort twak wat nuwe-orde-gedienstige akademici hulself wysmaak, in die waan dat hulle daarmee kan aanhou om soos amoebas die sadistiese apokalips van hierdie Azanië te ignoreer?

Wat is die “globale werklikheid” waarna sy verwys? Dit lyk nie eens asof sy bewus is van die intense konflik wat daar oral ter wêreld, juis vanweë multikulturalisme, aan’t oplaai is nie. Noem maar op: die Arabiese lente-opstande, burgeroorlog in Sirië, rassekonflikte in vele Europese lande, swart-op-wit geweld in die VSA soos die sogenaamde “uitslaanspeletjie”, misdaad en brandstigting in Paryse voorstede, die Londense rasse-onluste van enkele jare gelede, die stryd tussen Israeli’s en Palestyne, ens. Hier by ons is daar meer onluste en ongelukkigheid as in die tyd van PW Botha toe dit met behulp van miljoene dollar, asook terreur en propaganda, vanuit die buiteland aangeblaas is. Destyds is dit aangehits, tans vind dit spontaan plaas!

Maar terug by Malcolm Gladwell, wat ondanks sy internasionale roem as skrywer en popsielkundige – hy het ook die term “tipping point” in ‘n ander boek gemunt – tog elemente van die “tragiese mulat” vertoon. Hy beskryf sy ma as “middelklas-bruine”, ‘n term vir kleurlinge of “coloureds” in Jamaika wat natuurlik ooreenkom met dié wat steeds op Engels vir Suid-Afrikaanse kleurlinge gebruik word:

The proper term for my mother is actually “middle-class brown,” which is a category of special meaning in the Caribbean. From the earliest days of colonial rule, “coloreds” occupied a special place in Jamaica. They formed a kind of proto-middle class, performing various skilled and sophisticated tasks for which there were not enough whites. This was my mother’s class — carpenters, masons, plumbers, small businessmen and civil servants.

Terwyl die media en akademici ons wil oortuig dat Suid-Afrikaanse blankes uniek in hul keuse vir segregasie en afkeer van rasvermenging was, spreek die feite van die teendeel. Oral ter wêreld was blankes tot redelik onlangs gekant teen gemengde verhoudings en huwelike. Boonop beskryf Gladwell in sy Post-artikel die skok wat sy ma ervaar het toe sy die kille omskrywing van swartmense in die destydse Encyclopaedia Britannica – die mees gesaghebbende ensiklopedie in die Engelse taal – lees:

In my mother’s first year at boarding school, she looked up “Negro” in the 11th edition of the Encyclopaedia Britannica. “In . . . certain . . . characteristics . . . the Negro would appear to stand on a lower evolutionary plane than the white man,” she read. And the entry continued:

“The mental constitution of the Negro is very similar to that of a child, normally good-natured and cheerful, but subject to sudden fits of emotion and passion during which he is capable of performing acts of singular atrocity, impressionable, vain, but often exhibiting in the capacity of servant a dog-like fidelity which has stood the supreme test.”

Gladwell verwys verder na strafregtelike sake oor gemengde huwelike wat in suidelike state van die VSA gehou is in die 1950s toe sy ouers wel in Brittanje mog trou. In dié opsig was Suid-Afrika en die Amerikaanse Suide dus min of meer in pas met mekaar. Dog selfs in die “liberale” Engeland wat vandag in Suid-Afrika aangebied word as ‘n land wat ons “vanweë apartheid” verwerp het, is daar nie net in ensiklopedieë oor swart minderwaardigheid geskryf nie. Vele Engelse het rasvermenging spontaan verwerp. Toe Gladwell se ouers ‘n woonstel in ‘n voorstad van Londen huur, jaag die hospita hulle weg toe sy agterkom dat sy ma gekleurd is:

On the day after they moved in, however, the landlady ordered them out. “You didn’t tell me your wife was colored,” she told my father in a rage.

Iets waarvan Gladwell ook nie wegskram nie, is dat die Jamaikaanse “middelklas-bruines” ewe seer op swartes neergesien het as wat blankes hulle as minderwaardig beskou het. Gladwell se Engelse grootouers was heftig gekant teen sy pa se gemengde huwelik terwyl sy ma se Jamaikaanse ouers dit as ‘n baie goeie en “opwaartse” stap beskou het vir hul dogter om met ‘n wit man te trou.

Wat is die les uit dít alles vir ons? Ten eerste: Soos Gladwell se outobiografiese artikel aantoon, is ras ‘n universele kwessie. Selfs mense wat ras ontken, neem dit baie sterk in ag. Maar die relaas oor sy ouers bring ‘n mens onder die indruk van die skynheiligheid van kleurlinge wat veel eerder met blankes assosieer en dikwels hul donkerder voorouers ontken. Terselfdertyd koester hulle ‘n antipatie, selfs haat, vir blankes. Ook word daar in Suid-Afrika, soos Leon Lemmer dit in sy mees onlangse rubriek stel, ‘n “vuil spel” deur Kaapse kleurlinge gespeel:

‘n Vuil spel word hier gespeel. Wanneer bruines met die verwyt van benadeling en die aandrang op bevoordeling kom, beweer hulle dat hulle die afstammelinge van slawe en dus uitheems is. Wanneer dit gaan om wie se land dit is, dus wie eerste hier was, eintlik altyd hier gewees het, dan beweer die bruines dat hulle inheems is en van die Khoi-San afstam.

Gladwell se stuk, tesame met Leon Lemmer se rubrieke waarin hy die onheilige diskriminasie teen en ondermyning van Afrikaners deur sogenaamde “bruin leiers” in die Wes-Kaap aan die kaak stel, het my nogal aan die dink gesit. Soos ek dit sien, het sogenaamde “klein apartheid” in die verlede nie eintlik die blankes teen rasvermenging en assimilasie deur die swart meerderheid beskerm nie. Net soos in die VSA, Engeland of Australië – waar daar tot onlangs jaglisensies vir Aboriginieë uitgereik is! – was ons blankes so sterk gekant teen rasvermenging dat geen wetgewing nodig was om hulle daarvan te weerhou nie.

Veel eerder het apartheid destyds die kleurlinge teen assimilasie deur swartes beskerm! Dis die paradoks wat ons moet verreken. Hier in die Transvaal het kleurlinge as ‘n groep grotendeels verdwyn sedert apartheid afgeskaf is. ‘n Mens kry hier en daar nog swartmense wat Afrikaans as huistaal praat en wie se ouers of grootouers kleurlinge moes gewees het, maar van die “bruinmense” waaroor ons in die media verneem, is daar feitlik geen spoor meer nie. Binne ‘n enkele geslag is hulle deur die swart meerderheid geassimileer. Boonop is daar geen Afrikaanse skole meer in voormalige “kleurlinglokasies” oor nie, wat intussen swart geword het.

Dis net op Sewendelaan waar daar nog Johannesburgse kleurlinge bestaan en die akteurs wat hul rolle speel, kom grotendeels van die Wes-Kaap af.

Daar is seker geen meer gehate Afrikanerfiguur onder kleurlinge vandag as Verwoerd nie. Nietemin, as ‘n mens Verwoerd se toespraak voor die Uniale Kleurlingraad in die laat vyftigerjare lees, verstom ‘n mens jou aan die man se welwillendheid en sy belofte om die Wes-Kaap as ‘n soort hinterland vir bruines te reserveer. Maar net soos die Afrikanerleiers hul eie mense verraai het, het die bruin leiers hul eie “bevolkingsgroep” – die Nasionale Party se eufemisme vir ‘n rasse- of etniese groep – verloën en die weg van assimilasie en versmelting met swartes gekies.

Soos Leon Lemmer insgelyks uitwys, koester die meeste bruin meningsvormers ‘n matelose bewondering vir Mandela. Hulle beskou hom as hul grootste leier ooit, hy wat uit die Xhosa-groep afkomstig is, en wat op die duur dreig om die hele Wes-Kaap oor te neem. Selfs die links-liberale mev. Helen Zille het op ‘n stadium verwys na Xhosas wat na die Wes-Kaap gebus word en van hulle as “ekonomiese vlugtelinge vanuit die Oos-Kaap” gepraat. Nie net neem die Xhosas werksgeleenthede by bruines af nie, maar hulle ondertrou ook met hulle, sodat kleurlinge op die duur geassimileer gaan word, net soos in die Transvaal gebeur het.

Asof dit nie genoeg is nie, het Naarpers besluit dat Afrikaners tegelykertyd, soos Malcolm Gladwell dit stel, “‘n golf van menslike verskil (moet) oorbrug, met (hul) oë heeltemal toe.” Dr. Leopold Scholtz het in Die Burger geskryf dat Afrikaners (ook vanuit die Vrystaat en Transvaal wonder ‘n mens?) “met die bruinmense moet versmelt”. Volgens ingeligte bronne huldig mnr. Koos Bekker, die uitvoerende beampte van Naarpers en tans een van die land se rykste mense, dieselfde idee: dat Afrikaners met bruines sal ondertrou en dat Afrikaans – of ‘n geherstandaardiseerde Kaaps – die taal van ‘n nuwe, groter bruin bevolking sal word. Naarpers-media soos Die Huisgenoot en die betaalkanaal KykNet word heeltemal geobsedeer deur rasvermenging, taalvermenging en elke ander soort vermenging wat daar bestaan. Gemengde pare, wat in Suid-Afrika veel minder as in die meeste ander lande voorkom, word gereeld op die voorblad van Die Huisgenoot vertoon. Ook in Suid-Afrikaanse advertensies en reklame word gemengde pare aangewend om produkte te adverteer, asof dit die natuurlikste ding ter wêreld is.

Wêreldwyd wil multinasionale maatskappye ‘n nuwe soort slaweryk vestig, met hoofsaaklik gekleurde en onderdanige bevolkings wat goedkoop massaprodukte of selfoonlugtyd verbruik. Daarom steun hulle ook rasvermenging en die assimilasie van weerbarstige blanke bevolkings wat nog Westerse standaarde wil handhaaf.

Dit mag gebeur dat die oorblywende Afrikaners en blankes in die land op die duur geassimileer gaan word. Immers is assimilasie, benewens georganiseerde massamoord, een van die erkende vorme van volksmoord. Maar dit gaan nog honderde jare duur, juis omdat veral blanke vroue nie so geredelik tot gemengde huwelike oorgaan nie. Elke buitelandse joernalis wat die land besoek, kla steen en been daaroor dat hulle so min gemengde pare op straat in ons land sien; dis nou waar een van die twee ‘n blanke is.

In alle waarskynlikheid gaan die kleurlingbevolking, waaronder die “middelklas-bruines” soos hulle in Jamaika genoem word, egter binne ‘n dekade of twee verdwyn. Daarrmee saam sal Kaaps, die kreoolse dialek van Afrikaans en Engels wat in die Wes-Kaap gepraat word, eweneens in die niet wegraak.

Dat die besluitnemers van Naarpers en die akademici van Stellenbosch hul ‘n ander toekoms verbeel, spreek van ‘n byna volslae gebrek aan insig in ‘n rassedinamiek wat hom wêreldwyd afspeel en waaraan Suid-Afrika beswaarlik gaan ontkom.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.