praag verskuif aanstons na ‘n nuwe en kragtiger bediener

praagcoza_logoOns werk tans aan die trek na ‘n nuwe, kragtiger bediener wat die gebruikerservaring op ons webwerwe nog beter behoort te maak. Ons sal ook bykomende dienste aan ons praag-vriende kan bied, waaroor ons baie opgewonde is.

Verder in die verskiet lê ‘n virtuele betaaldiens of gemeenskapspaarkas waaroor ons reeds geruime tyd praat en waarvoor ons reeds die nodige programmatuur bekom het.

Dit mag wees dat ons webwerwe enkele ure van lyn af mag wees soos wat ons die oorskakeling doen, maar ons sal probeer om dit laat in die aand of vroegoggend te doen sodat dit so min moontlik ongerief veroorsaak.

Die internet en sosiale media is besig om alles te verander, ook die politiek, sake en die ekonomie. Sodat Afrikaners daarby kan baat, belê ons die heel tyd in nuwe kennis en tegnologie. Die uiteindelike waarde wat ons gaan ontsluit, gaan nie net vir die Afrikaanse taal en kultuur van onskatbare waarde wees nie, maar sal boonop ‘n ekonomiese omwenteling veroorsaak waardeur werksgeleenthede geskep sal word.

Dink daaraan dat die grootste uitgawes waaronder Afrikaners tans gebuk gaan, hul belasting aan die ANC-regering, bankkoste, TV-lisensies en DSTV-fooie, asook ander vermaak is. Mettertyd kan ons genoeg nuus, inligting en vermaak hier op die internet verskaf, tesame met kultuurgoedere, handel en virtuele werkskepping, dat ons nie meer die parasiete uit die ou ekonomie sal hoef te voed nie. – Die redaksie

Word deel van die avontuur, word ‘n vriend van praag!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Leana

    Kan nie wag vir ons nuwe verbeterde Praag nie Dr Dan. Baie geluk !

  • Riempies

    Praag en sy Bestuur – baie hartlik geluk met julle nuwe uitbreiding – Julle maak ons trots want dit wat julle bereik het is suiwer vertoon van Afrikaner vermoë en deursettingsmoë op sy beste. Nogmaals baie geluk en baie voorspoed word julle toegewens.

  • Trippie

    WONDERLIK – voorspoed met die “operasie” – ons sal geduldig wag tot alles in plek is.

    Terloops, ek hoef nie televisie te kyk, Naarspers-koerante te koop, ens. – waarom sou ek, alles wat ek moet weet en graag wil weet, lees ek op Praag en BKA !

  • Trippie

    HEIL DIE LESER

    Dalk voorbarig van my as 5-maande oue leser van Praag – tog verneem ek graag of dit moontlik is om al die kommentare wat tans op KONTAK verskyn, te verwyder.

    Voornemende lesers mag dalk ook daar inloer en daar is redelik baie onsmaaklike gesprekke daar.

    Byvoorbaat dank
    TRIPPIE

  • Kalium_Chloraat

    Goeie nuus. Dit beteken, vir my, dat PRAAG se verkeer toeneem en PRAAG dus groei. Dit ten spyte van die huidige ekonomie en die teëstand van al dieselfde ou verdagtes. Mooi so! Wel gedaan!

    P.S. Sorg dat die beplande betaalstelsel ook iets anders as kredietkaarte insluit.

  • Arnieann

    Dit klink pragtig, en is goeie nuus.
    Solank die infrastruktuur nie saam met die NSA sink nie.
    krag onderbrekings is nie meer iets nuuts nie. En wat die res betref sal ek nie my asem ophou nie.