
Die wêreld se voormalige nommer een gholfspeler verkies om tyd te spandeer saam met sy gesin as deel van ‘n plan om sy toerskedule vanjaar te verkort.
Die wêreldkampioen het reeds 25 toerseisoene agter die blad.
Ernie Els sal die Volvo Golf Champions-toernooi in Durban misloop in Suid-Afrika sowel as die Abu Dhabi HSBC-kampioenskap in die Verenigde Arabiese Emirate.
Die Durban-toernooi begin volgende week, terwyl die Abu Dhabi -toernooi vanaf 16-19 Januarie duur.
Hy het om verskoning vir die ongerief en laat kennisgewing van die besluit gevra en sien uit daarna om gou weer in Suid-Afrika te speel het hy gesê.
Verlede maand het Els, wat in Florida woon in die VSA, gesê hy wil sy 2014-skedule afskaal, want hy vind dit moeilik om sonder sy gesin te reis.
Hy het gesê dit was nog altyd moeilik om die huis te verlaat, maar hy wil nou sy kinders sien grootword en dit raak moeilik met die reis wat sy beroep verg.
Hy heg groot waarde aan sy gesinslewe en “wil nie uitmis op sy tienerkinders se beste jare voordat hulle die huis verlaat nie”.
Els is tans nommer 27 in die wêreld en hy sê die reisopofferinge raak “taaier en taaier”.