Schumi word 45, steeds in koma

Deel op
schumi2
‘n Byeenkoms voor die hospitaal in Grenoble

Die Formule Een-legende, Michael Schumacher word vandag 45 terwyl hy steeds in ‘n koma in ‘n Franse hospitaal lê, nadat hy erge kopbeserings in ‘n ski-ongeluk opgedoen het.

Sy dokters sowel as familie se monde wou nie enige verklarings oor sy huidige toestand maak nie.

Hy het in die Franse Alpe verongeluk by Meribel waar hy ‘n huis besit.

Daar is teenstrydige verklarings oor die spoed waarteen die sewemalige wêreldkampioen geski het toe die tragedie hom getref het.

Sy woordvoerder Sabine Kehm sê hy het nie teen ‘n hoë spoed geski nie, maar gedraai en geval toe die ongeluk gebeur het.

Hy was tussen twee skibane op ‘n hors piste roete. Hy was saam met sy veertienjarige seun Mick.

Die impak het die valhelm van Schumacher in twee gebreek, volgens ‘n bron na aan die ondersoek .

Die Ferrari F1-span waar Schumacher vir baie jare koning gekraai het, sal Vrydag ‘n “stille byeenkoms” voor die Grenoble-hospitaal vir die verjaarsdag van die afgetrede sportman hou, wat steeds in ‘n geïnduseerde koma gehou word.

Hy is sedert Sondag in die hospitaal en het al twee operasies ondergaan om bloeding en drukking op sy brein te verlig.

Sy toestand was na wat laaste verneem is, kritiek maar bestendig. Die hospitaal het gesê hulle gaan nie verklarings uitreik tensy daar nuwe nuus is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.