Suid-Kaap kuslyn is onbewaak, oop

Deel op
Pinnacle Point
Pinnacle Point

Herman van Niekerk, die bedryfsbestuurder van Maritime Risk Solutions – ‘n private sekuriteitsfirma vir maritieme veiligheid – sê die dwelms wat by Hartenbos uitgespoel het, behoort waarskynlik aan een van die groot misdaadsindikate in die land.

“Hierdie ouens kom deur Knysna en die nabygeleë gebiede, want hulle is basies soos oop poorte … Niemand behartig die polisiëring van die kuslyn nie…”

Die harde dwelms was in blou dromme verpak en vakansiegangers het die dromme in die see opgemerk. Soortgelyke dromme is by Rheebokstrand, naby Mosselbaai gevind asook Pinnacle Point.

Nadat die polisie die vondse by ‘n forensiese laboratorium laat ontleed het, is vasgestel dat dit gesuiwerde kokaïen is met ‘n waarde van altesaam R100 miljoen.

In 2010, was Knysna die plek van een van Suid-Afrika se grootste dwelmklopjagte nadat die polisie ‘n Toledo-vissersboot wat vasgemeer was by ‘n waterfrontwoning, ondersoek het.

Hulle het R9 miljard se kokaïen op die vissersboot gekry.

‘n Kriminoloog van die Universiteit van Stellenbosch het gesê Knysna, Mosselbaai, George en Wilderness is maklike teikens vir smokkelaars omdat dié betrokke kusgebiede selde gepolisieer word.

Die polisie het die publiek gemaan om op die uitkyk te bly vir verdagte pakkies op strande of wat dryf op die see.

Maar, Patricia Gerber direkteur van Locked Up het wetstoepassingsowerhede daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg doen om dwelmhandelaars vas te vat nie.

Sy sê die handel is nou buite beheer in die land en sy het ‘n beroep op polisie-amptenare gedoen om hard op te tree teen met diegene wat handel in dwelms.

Gerber sê in 2010, het die Verenigde Nasies (VN) in hul jaarlikse verslag verklaar dat Suid-Afrika die grootste invoerder en uitvoerder van kokaïen geword het.

Sy sê die SAPD en lughawenspersoneel beskerm van die dwelmhandelaars.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.