Natuurliefhebbers ontstoke dat olifantbul vankant gemaak is

Deel op

elephantattackNatuurliefhebbers is ontstoke oor die Nasionale Krugerwildtuin se besluit om ‘n olifantbul vankant te maak nadat ‘n paartjie aangeval is in hulle voertuig.

Die aanval het by ‘n watergat by Pretoriuskop gebeur terwyl die twee die olifant afgeneem het. Die paartjie is ongedeerd maar die man is vir skok behandel.

Die 30-Jarige Britse toeris is Maandag saam met haar 32-jarige Suid-Afrikaanse vriend deur die bul bestorm en 400m ver gestoot in die bosse in.

Kenners meen olifante toon dikwels agressiewe gedrag in die paarseisoen.

Suid Afrika se Nasionale Parke of SANParke sê die olifant is uitgesit omdat hy voorheen soortgelyke aggressiewe gedrag getoon het en dus as ‘n bedreiging vir ander toeriste beskou is.

Hulle sê die olifant het onverwags omgedraai, op hulle voertuig afgestorm en verskeie kere met sy tande gesteek terwyl hy blou VW in die bosse in gerol het.

Die betrokke olifant was kort tevore glo in ‘n geveg met ‘n ander bul betrokke. Jong olifante probeer in die trop indring om met die wyfies te paar en word deur die ouer olifante uitgehou.

Natuurbewaarders sê dit lei tot groot frustrasie wat die jong bul maklik elders kan uithaal. Toeriste behoort te alle tye ‘n gesonde afstand te handhaaf van die diere.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.