Fidel Castro se stryd teen die VSA in Afrika

Deel op

fidelDeur Madelein Jacobs

Onlangs was Fidel se broer Raul Castro in Suid-Afrika vir die begrafnis van Mandela. Hier het President Obama sy blad geskud.

VSA President John F Kennedy sou dieselfde gedoen het. JFK het op 23 Oktober 1963 gese:

“… there is no country in the world including any and all the countries under colonial domination, where economic colonization, humiliation and exploitation were worse than in Cuba, in part owing to my country’s policies during the Batista regime. I approved the proclamation which Fidel Castro made in the Sierra Maestra, when he justifiably called for justice and especially yearned to rid Cuba of corruption. I will even go further: to some extent it is as though Batista was the incarnation of a number of sins on the part of the United States. Now we shall have to pay for those sins.”

Vir lesers wat nie weet nie: Amerika, Amerikaners en Amerikaanse maatskappye het hul Kubaanse buurland, ekonomie en bevolking, insluitend vrouens en jong meisies, verkrag en misbruik tydens die Batista-bewind.

Soos President John F. Kennedy laat blyk het: Amerikaanse besigheidbeleid jeens Kuba, het die Afrikanerbewind se apartheidsbeleide in Afrika en Suid-Afrika mede-menslik en Christelik laat lyk.

As mens die ANC moet glo, het Fidel, Raul en hulle rewolusionere Kuba ‘n deurslaggewende rol in die “bevryding” van Suid-Afrika gespeel. U, liewe leser, moet die ANC glo.

Die Afrikaner-Republiek het ophou bestaan weens die sondes van die VSA in Kuba.

Kuba is ‘n relatief klein buur-eilandjie van die VSA. Kuba behoort geografies tot Suid-Amerika, die VSA se agterplaas. Kuba is soos Rusland, baie ver gelee vanaf Suid-Afrika.

Gedurende 1959, net na die Kubaanse Rewolusie, het die verregse wit Amerikaner, Francis Parker Yockey, Kuba besoek. Yockey het linkse staatsleiers soos Fidel Castro geadviseer om met Rusland saam te werk, en om die VSA-Weste se globale imperiale mag op sy swakste plek, dit is in Afrika te verminder.

Fidel Castro het die politieke wette soos uiteengesit in Yockey se boek, Imperium, ter harte geneem, en die geweldige groot magsvakuumgeleentheid in Angola in 1975 met beide hande aangegryp. Fidel het vas geglo, of Kuba vul die magsvakuum van 1975 in Luanda, Angola, of die VSA doen dit deur middel van sy streekslakei, Suid-Afrika.

Sou die SAW Luanda in 1975 bereik het, sou die geskiedenis heeltemaal anders verloop het vir Afrikaners. Suid-Afrika sou ‘n bestendige imperiale supermoondheid geword het, en vir Fidel het dit beteken dat die VSA-Weste se wereldmag nog groter sou geword het.

Fidel Castro het die SAW se besetting van Luanda in 1975 gestuit, en so Suid-Afrika verhoed om die magsvakuum in strategiese Angola te vul. Dit het deterministies gelei tot die einde van die Afrikanerstaat binne minder as 2 dekades. Alles wat na 1975 met die Afrikanerstaat se geopolitieke mag gebeur het, was die gevolg van Fidel Castro se strategie in Angola.

Tot en met 1987, het Fidel vas geglo dat Suid-Afrika Luanda en Angola moet beset om polities te oorleef. Fidel Castro was reg. Fidel se geopolitieke analise van Angola was korrek. So ook China se analise van Angola, in 1975, sowel as in die 21ste eeu.

President Zuma besef ook die belang van Angola. Hy het gedurende 2013 hard gewerk om Angola tussen die DRK en Suid-Afrika deur middel van Inga III te integreer. Die VSA is bewus daarvan, en het nou uit die bloute aangebied om die helfte van die koste van Inga III te finansier.

Die globale geopolieke spel vorder onverpoos, maar sonder Afrikaners, wat ter versagting darem instinktief twee keer probeer het om beheer oor Luanda en Angola te verkry. Beide kere het een leier, Fidel Castro, die politieke insig en wilskrag van die hele Afrikanerkabinet geklop.

Was Fidel Castro ‘n Afrikanerleier, sou Suid-Afrika ‘n supermoondheid gewees het.

Geopolities gesien, het President Zuma meer insig as alle oorlede en lewende Afrikanerintellektuele saam. Dog Zuma se onlangse suksesse in Suider-Afrika hang ten nouste af van Afrikaner-Rooivalke, hulle vlieniers, en logistieke ondersteuning, waaronder Russiese vervoerstelsels.

Al is die Afrikanerstaat totaal vernietig beginnende in Angola, kan Afrikaners vandag nog steeds ‘n bydrae maak tot die globale politieke magspel.

U hoef nie as u nie wil nie, maar sommiges sal en doen dit reeds. Vir maksimum effektiwiteit in die geskiedenis, is die aangewese weg om Fidel Castro se geopolitieke insig in Angola te volg.

Lees Fidel Castro se mening oor die stryd in Angola, Mandela en apartheid hier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.