Oujaar: Skietery in Krugersdorp, Pretoria kalm

Deel op

shootingVyf swartes wat in hegtenis geneem is in verband met Oujaarsdag se skietvoorval op Krugersdorp aan die Wesrand sal binnekort in die hof verskyn.

Sewe mense is by ‘n spazawinkel gewond vanwie twee se toestand kritiek is.

‘n Polisiewoordvoerder, Katlego Mogale, sê daar word beweer dat ‘n groep mense die winkel binnegekom en oproerig geraak het.

Dit is nie bekend of die voorval uit vreemdelinghaat plaasgevind het nie. Spazawinkels word dikwels deur buitelanders bedryf.

Mogale sê die eienaar het toe sy vriend nadergeroep waarna ‘n woordewisseling ontstaan het. ‘n Sesjarige kind is onder die gewondes, het RSG berig.

Die verdagtes sal op aanklagte van poging tot moord in die hof verskyn.

Intussen is nog ‘n swartman doodgeskiet en een gewond in ‘n verbyryskietvoorval in Soweto, het die SABC berig.

Die Tshwane Metropolisie het motoriste in Pretoria geloof omdat hulle tydens die Nuwejaarsvieringe die wet gehoorsaam het.

Die hoof van die Tshwane Metropolisie, Steven Ngobeni, sê die plaaslike polisie is in hulle skik omdat geen ernstige voorvalle in die tydperk aangemeld is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.