Poetin beloof ’totale uitwissing’ van terroriste

Deel op

volvograd2Die president van Rusland, Wladimir Poetin, het sy stilswye verbreek na twee dodelike selfmoordbomaanvalle voor die Winterspele in Sotsji.

Hy het die stad Volgograd besoek nadat twee dodelike ontploffings deur vermeende Tsjetsjeense terroriste op agtereenvolgende dae die lewens van minstens 34 mense geëis het.

Poetin het ook met die veiligheidsdiens en die minister van binnelandse sake in die stad vergader om veiligheidsmaatreëls oor die hele Rusland te verskerp.

Hy het ‘n streng waarskuwing aan terroriste gerig dat hulle “totale uitwissing” in die gesig staar en dat hulle sonder einde gejag sal word.

“Liewe vriende, ons buig ons hoofde voor die slagoffers van wrede terreurdade . Ek is seker dat ons fel en konsekwent sal voortgaan met die stryd teen terroriste tot en met hulle totale uitwissing,” het Poetin gesê in ‘n ongewone TV-uitsending.

Met die komende Olimpiese Spele in Sotsji, is alle oë op Rusland gerig na Sondag en Maandag se selfmoordbomme wat 34 mense se lewens geëis het en nog 80 beseer het.

Volgens The Moscow Times, was die vermeende aanvaller ‘n Rus wat werksaam was as ‘n paramedikus by ‘n ambulansdiens en in 2011 by Dagestan se militante aangesluit het, na Islam bekeer is en sy naam verander het na Ansar Ar-rusi.

Prins Bandar, hoof van Saoedi-intelligensie, het President Vladimir Poetin in Moskou verlede jaar gedreig dat hy Tsjetsjeense terroriste sal loslaat by die Winterspele as Rusland nie sy steun vir Assad en Sirië laat vaar nie.

Hy het ‘n alliansie tussen OPUL en Rusland as ‘n aansporing aangebied om Poetin toe te laat tot die globale gas- en oliemonopolie. Poetin het dit van die hand gewys.

Bandar het by dieselfde geleentheid gespog dat hy Tsjetsjeense tereur befonds en bestuur na willekeur.

Prins Bandar was lank Saoedi-Arabië se ambassadeur in Washington, en hy is ook bekend onder die naam “Bandar Bush”, want hy is ‘n baie goeie vriend van die Bush-familie.

In die EU se Nasionale Intelligensie Raad ( NIC ) verslag getiteld “Globale tendense 2025: ‘n getransformeerde Wêreld” is die behoefte vir langtermyn strategiese denke oor beleidsake binne EU-instellings geformuleer as noue samewerking met die EU Instituut vir Sekerheidstudies om “die Atlantiese vennootskap te fasiliteer”.

Die VSA en die EU verwys nie amptelik na terroriste in die Noord-Kaukasus as sulks nie.

Die Carnegie Center in Moskou was voorheen betrokke in Rusland met verskeie politieke en ekonomiese doelwitte in die Noord-Kaukasus, deur veral gebruik te maak van 50 persent werkloosheid in Ingoesjetija en 30 persent in Tsjetsjenië.

Gebiede van hoë werkloosheid in die Moslem-wêreld bied goeie werwingsgeleenthede gefinansier deur Saoedi-Arabië, Katar, en die Emirate.

Dagestan word beskou as Rusland se “swakste skakel” in die Kaukasus.

Amerikaanse, Britse, en Noorse ondersteuning vir die Tsjetsjeense leier Akhmed Zakajef, wat ‘n goeie vriend van die nou-ontslape oligarg Boris Berezovsky was, is welbekend.

Die Noorse ministerie van buitelandse sake het by monde van Odd Skagestad Zakajef as die “wettige verteenwoordiger van die Tsjetsjeense ballingskapgemeenskap, maar ook van Tsjetsjene in Tsjetsjenië ” beskryf, alhoewel Zakajef op verskeie Interpollyste vir skakels met vermeende terrorsite verskyn.

Skagestad gesê Noorweë ignoreer Interpol se lasbriewe vir Zakajef.

Zakajef het ook beduidende steun van die regerings van Denemarke, Finland, en die Tsjeggiese Republiek, waar daar ‘n aktiewe Tsjetsjeense ballingskapgemeenskap woon.

Die Kawkaz-sentrum, geleë in Helsinki, Finland bedryf ‘n pro-Kaukasus- en Emiratewebwerf en bied ‘n belangrike openbare betrekkinge diens aan vir Doku Umarof, die Tsjetsjeense terroristeleier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.