Amerikaanse firmas vir foltering gedagvaar

Deel op
Vier Irakiërs het gister in Istanboel aangekondig dat hulle twee Amerikaanse firmas en hul werknemers gaan dagvaar omdat hulle na bewering vyf jaar gelede deur hulle in die berugte Abu Ghraib-gevangenis in Bagdad gemartel is.
Deel op

Die hofsaak geskied teen die privaatveiligheidsfirma CACI International en twee van sy ondervraers, Daniel Johnson en Tim Dugan, asook die vertalingsagentskap L-3 (voorheen Titan Corp) en hul tolk, Abel Nakhla, het die mans se regsverteenwoordiger gesê.

Hulle klag sou gister by howe in Maryland, Ohio en Washington ingedien word – die Amerikaanse deelstate waar die beweerde folteraars woon – asook in Michigan waar L-3 die meeste van sy tolke in diens geneem het.

fortunetopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.