Moslemgeweld teister Afrika-vasteland

Deel op
'Wit weermag' in Suid-Soedan
‘Wit weermag’ in Suid-Soedan

Moslemgeweld teister die vasteland van Afrika nadat minstens tien mense omgekom het na twee selfmoord-bomaanvalle by die Jazeera Palace-hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadishu.

Regeringsoldate is ook in die jongste aanvalle beseer. Verlede week is sewe mense in ‘n bomaanval op ‘n restaurant in Mogadishu dood.

Die Islamitiese groep, al-Shabaab, wat glo verantwoordelik was vir die aanslag verlede jaar op ‘n winkelsentrum in Kenia, het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

Verskeie berigte van aanvalle op regeringsbasisse in sleutelgebiede rondom die hoofstad is ontvang.

Intussen het Suid-Soedan se strydende partye in Ethiopië aangekom vir vredessamesprekings om die driewekelange burgeroorlog te probeer beëindig.

Die geweld tussen etniese faksies van die president en die voormalige vise-president het reeds duisende lewens geëis. Daar is meer as 60 etniese groepe wat hoofsaaklik verdeel is tussen grondeienaars en nomadiese herders.

Die onderskeie onderhandelaars wat namens verskeie regerings en die rebelle optree, het in Addis Abeba aangekom vir die formele vredessamesprekings wat vandag begin.

Gevegte het op 15 Desember verlede jaar tussen die twee grootste etniese groepe uitgebreek nadat president Salva Kiir sy voormalige adjunk, Riek Machar, daarvan beskuldig het dat hy ‘n staatsgreep in die mou voer.

Kiir is Roomskatoliek, maar sy seun is glo ‘n Moslem.

Machar het het op sy beurt die president daarvan beskuldig dat hy besig is met ‘n gewelddadige suiwering van sy teenstanders en die beweerde staatsgreep as ‘n voorwendsel gebruik.

Die krisis het geëskaleer nadat die “wit weermag”, swart jeugdiges lojaal aan Machar, wat hul gesigte met potas witsmeer, toegetree het. Na bewering het Machar reeds 25.000 jeugdiges wat na die hoofstad sal opmars, agter hom geskaar.

Rebelle het reeds beheer oor verskeie gebiede in die olieryke noorde oorgeneem.

In die hoofstad Bengui van die Sentraal Afrikaanse Republiek is drie mense dood in botsings tussen Moslems en Christene terwyl ontstoke inwoners handgranate geslinger en huise aan die brand gesteek het.

Minstens 15 mense is beseer. Inwoners van Bangui sê lede van die Seleka rebellemagte in burgerdrag het handgranate na Christenhuise gegooi en hulle aan die brand gesteek.

Christenjeugdiges het daarna met weerwraakaanvalle begin en nabygeleë Moslemhuise aan die brand gesteek.

Soldate van die Afrikamag wat in die land ontplooi is om Franse troepe te ondersteun, maar het gesukkel om die geweld tussen die Selekarebelle en Christenvigilantes te keer.

Die Moslemrebelle het in Maart die mag oorgeneem.

Meer as ‘n duisend mense het in Desember in gevegte tussen die twee groepe omgekom.

Tien mense is ook beseer na ‘n handgranaataanval op ‘n restaurant in Kenia. Die land se polisie sê die aanval het in die gewilde kusdorp Diani, suid van Mombassa voorgekom.

Niemand het verantwoordelikheid vir aanval aanvaar nie, maar verskeie terreuraanvalle kom in die land voor sedert Kenia sy weermag in Somalië ontplooi het om die ekstremistiese groep al-Shabaab te verslaan.

Geweld het skerp toegeneem regoor die vasteland nadat die VSA hulle Afrika-mag, AFRICOM ontplooi het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.