Nuwejaarsvieringe lei tot talle verdrinkings

Deel op

swemmers‘n Twaalfjarige kind het verdrink in die Swartkopsrivier naby die dorp Motherwell in Port Elizabeth.

Die polisie sê die seun was saam met ander kinders naby ‘n brug toe hy in die moeilikheid beland het.

Polisieduikers is ook op soek in die rivier na ‘n ander sestienjarige seun. Albei is deel van ‘n groep van die Vista Rus-huis vir kinders.

Vroeër, het ‘n man verdrink by Bluewater Bay, terwyl ‘n nog ‘n man steeds vermis word. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gehelp om die liggaam van ‘n 23-jarige man uit die see te haal.

‘n Vrou het verdrink in Kalkbaai in Kaapstad. Dit is die eerste verdrinking in die gebied Woensdag met duisende mense wat na die stad se strande gestroom het om die nuwe jaar te vier.

Lewensredders sê hulle is geroep na die strand in Muizenberg, waar ‘n volwasse vrou probleme ondervind het. Die omstandighede rondom die verdrinking is nog nie duidelik nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.