Federer en Nadal dring deur na Wimbledon-kwarteindronde

Roger Federer het sy Aussi-uitdager Lleyton Hewitt gister gewen om na die kwarteindronde deur te dring waar hy Mario Ancic sal ontmoet. Die nommer een gekeurde speler se telling teen Hewitt was 7-6, 6-2, 6-4.

Die tweede gekeurde Spaanse speler Rafael Nadal het die sewentiende gekeurde Russiese speler Mikhail Joeshni met 6-3 6-3 6-1 geklop om die kwarteindronde te haal waar hy óf teen Frankryk se Richard Gasquet óf Brittanje se Andy Murray sal speel.

Die Amerikaanse Williams-susters het albei die kwarteindronde gehaal. Serena sal teen Agnieszka Radwanska van Pole speel Venus sal teen Tamarin Tanasugarn, ook van die VSA, te staan kom.

ds dental

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.