Blanke egpaar in Zimbabwe aangeval

Deel op

'n Blanke boere-egpaar is in Zimbabwe aangeval en beseer. Hulle is Sondag deur swaar gewapende mans van hul plaas in die Chegutu-distrik ontvoer.

Deel op
Die 75-jarige Mike Campbell is erg geslaan en het aan harsingskudding en 'n gebreekte sleutelbeen gely. Die arm van sy vrou Angela, wat 66 jaar oud is, is op twee plekke gebreek. Die egpaar se skoonseun, Ben Freeth, is ook lig beseer en op sy voetsole geslaan.

Al drie is na 'n indoktrinasiekamp geneem waar hulle met moord gedreig is indien hulle nie 'n dokument onderteken wat 'n hofaansoek terugtrek wat verband hou met 'n grondeis op hul eiendom nie.

купить воронеж горелки для оскtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.