Matriekdramaleerlinge se punte aangepas na walglike vraag

Deel op

umalusiDie vraag wat gehandel het oor babaverkragting in die dramatiese kunste se matriekeindeksamen was in swak smaak, het Sizwe Mabizela, Umalusi Raad se voorsitter, toegegee.

“Namens Umalusi , wil ons ons volle en onomwonde verskoning aanbied aan die land vir die feit dat so ‘n vraag sy weg in die vraestel kon vind,” het hy aan verslaggewers gesê in Pretoria .

Die sewe punte van die vraag is van die totale punt vir die vraestel afgetrek.

In November het Umalusi in ‘n verklaring gesê dramaleerlinge wat aanstoot geneem het, was “onvoorbereid”, maar sedertdien van deuntjie verander.

Leerlinge, onderwysers en ouers was erg ontstel deur ‘n vraag wat gevra het dat leerlinge die verkragting van ‘n baba dramaties moes skets, met behulp van ‘n brood en ‘n besemstok.

Die eksamenvraag is gebaseer op Lara Foot Newton se toneelstuk Tshepang, wat gebaseer is op werklike gebeure.

Maandag het Umalusi aangekondig dat die vrystelling van 2013 se nasionale matriekuitslae goedgekeur is.

Op 7 Januarie individuele sal die uitslae by skole en in die gedrukte en aanlynmedia beskikbaar wees.

Die departement het gesê sy 35 000 nasieners by 118 nasiensentrums het op 15 Desember hul taak voltooi.

‘n Totaal van 57 690 voltydse en 130 646 deeltydse kandidate het die eksamen in 6 699 sentrums afgelê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.