Vuurwerkvertonings in Sydney, Dubai vir Nuwe Jaar

Deel op

sydneyDie stad Sydney in Australië beloof ‘n ongeëwenaarde vuurwerkvertoning vanaand wanneer die wêreld die nuwe jaar begroet.

Die hawestad sal verlig word deur tonne vuurwerk wat die eerste maal in 10 jaar van die Sydney Operahuis afgevuur sal word.

Daar sal na verwagting sowat 1,6 miljoen toeskouers gelok word en talle besoekers het reeds hul stelling ingeneem om ‘n goeie uitsig te verseker.

Dubai maak intussen aanspraak op selfs ‘n groter skouspel.

Die stad hoop om die Guinnes Wêreldrekordboek te herskryf vir die grootste vuurwerkvertoning ter wêreld wanneer hy vanaand meer as 400.000 verskillende vuurwerk afvuur.

Reuse Nuwejaarsvermaak word ook in stede soos Londen, Moskou, Berlyn en Rio de Janeiro verwag, maar nie almal sal fees vier nie.

Die polisie in die ultra-konserwatiewe Saoedi-Arabië het die land teen jolyt gemaan.

Talle klopjagte is in Johannesburg se middestad uitgevoer op winkels wat nie voldoen aan vuurwerk-wetgewing nie en daar is by verskeie winkels op vuurwerk beslag gelê.

Baie winkels het meer as ‘n duisend kilogeram vuurwerk aangehou sonder dat hulle brandblussers gehad het.

‘n Woordvoerder van die stad se nooddienste sê ondersoeke het bevind dat baie ondernemings oor lisensies beskik het, maar dat dit nie aan die wetlike voorskrifte voldoen het nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.