Kaapse Klopse mag nie Mandela aan ANC verbind nie

Deel op
Verkeerde das
Verkeerde das

Die Kaapse stadsraad het gedreig om befondsing van die Kaapse Klopse-karnaval te weerhou as hulle die ANC aan Mandela verbind.

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het die Klopse gewaarsku dat die stadsraad nie Mandela aan die ANC sal verbind nie.

Die Klopse wou armbandjies dra met Nelson Mandela se gesig en die ANC-kleure en kenteken daarop.

Nelson Mandela was ‘n ANC-lid en na die party se oorwinning in 1994 die land se eerste president. De Lille het nogtans gewaarsku dat die stadsraad nie die karnaval geldelik sal ondersteun as Mandela se naam met die ANC verbind word nie.

Die stadsraad moet verkeers- en veiligheidsdienste voorsien en strate skoonmaak teen ’n koste van R3,5 miljoen.

Die stadsraad en Klopse-organisasies het intussen ooreengekom om die ANC-logo te verwyder en swart armbandjies met Mandela se gesig te dra.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.