Cliff Saunders se seun in fratsongeluk oorlede

Deel op
Dudley Saunders
Dudley Saunders

Die seun van ‘n voormalige SAUK-veteraan Cliff Saunders is in ‘n fratsongeluk in Soweto oorlede.

Die gesoute kameraman, Dudley Saunders is deur ‘n trein getref. Hy was 45 jaar oud.

Hy is deur die trein getref terwyl hy in Soweto, suid van Johannesburg verfilm het.

Saunders het jare in die media gewerk, onder meer as politieke korrespondent by die SAUK. Hy het ook aan projekte vir die SAUK program, Special Assignment gewerk, en ook Carte Blanche op Mnet.

In 2011 het Saunders die opskrifte gehaal toe hy deur ondersteuners van Julius Malema tydens ‘n betoging met klippe bestook is.

Hy het ook verskeie burgeroorloë op film vasgelê.

In 1993 het hy met ‘n verfilming vir CCV (die SABC se TV4-kanaal na ‘n naamsverandering) ernstige beserings opgedoen in Sharpeville en in die hospitaal beland nadat hy gesteek en geslaan is deur ‘n groep van 30 swartes.

Hulle was besig om ‘n storie vir SABC News te doen. Die SAUK se TV-verslaggewer wat saam met hom op was, is dood nadat dié doodgebloei het.

Dudley Saunders was ook die kameraman vir ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse dokumentêre film wat as beste dokumentêr in 2008 by die Baltimore Vrouefilmfees met die louere weggestap het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.