Herrie oor vet Barbiepop

vetbarbie‘n Herrie broei oor ‘n versoek om Barbie om te tower op ‘n manier wat strydig is met die ikoniese beeld van ‘n baie gewilde pop.

Versoeke is aan Mattel gerig om ‘n plus-grootte Barbie te maak. Terwyl sommige sê die meer realistiese vet pop sal ‘n beter rolmodel vir meisies wees, het ander gesê ‘n té groot Barbie sal ‘n ongesonde voorbeeld stel.

Plus Size Modeling het op 18 Desember ‘n peiling op sy Facebookbladsy gehou en gevra hoe gewild dit sal wees indien speelgoedmaatskappye begin om Plus Sized Barbie poppe te maak.

In net onder twee weke, het ‘n foto van die vet pop oor die 40.000 opduime, 5.000 kommentare en 2.700 gedeel-klikke ontvang .

“Ja, maar Barbie het nie ‘n dubbele ken nodig nie,” het een opgemerk. “Jy kan ‘plus grootte’ hê sonder die dubbele ken. Hulle kan ‘n ‘dik’ Barbie maak”.

“Uitbeelding van Barbie as ‘n realistiese vrou met werklike kurwes is ‘n baie goeie idee en sal die regte boodskap aan jong meisies oor selfbeeld uitstuur,” het ‘n ander opmerking gelui. “‘n Morbied vetsugtige Barbie is SLEG! “

Dan is daar ook die mening dat Barbie nie ‘n kind se selfbeeld raak nie: “Toe ek klein was wou ek nie lyk soos Barbie nie. […] Ek het nie gedink oor hoe ek lyk nie, ek wou net speel …”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.