Selfmoordbomaanval verskerp vrese oor Winterspele

Deel op

volvogradTien mense is dood in ‘n ontploffing op ‘n trolliebus in die Russiese stad Wolgograd in die tweede dodelike terreuraanval.

Volgens berigte is tien mense dood en tien is beseer in die jongste aanval.

‘n Selfmoordbomaanval het die stad se hooftreinstasie ‘n dag vantevore geruk waarin minstens 17 mense omgekom het.

Dit het vrese laat ontstaan oor veiligheid in Rusland ses weke voor die Olimpiese Winterspele in Sotsji.

Die bus is glo heeltemal vernietig in die ontploffing. Russiese nuusagentskappe berig dat plaaslike owerhede glo dat die ontploffing nog ‘n terreuraanval was.

Die krag van die ontploffing het byna geen spoor van die trolliebus agtergelaat nie. Die bus was gepak met pendelaars in die vroeë oggend.

Vensters van die nabygeleë huise is ook vernietig, het die staatstelevisie gesê.

Die Swart See-oord Sotsji is sowat 690 kilometer suidwes van Wolgograd geleë.

Nog ‘n bron het aan die ITAR-TASS nuusagentskap gesê dat die ontploffing kon veroorsaak gewees het deur ‘n selfmoordbomaanval maar dit is nog nie bevestig nie.

Militante optrede is reeds deel van die daaglikse lewe in die hoofsaaklik Moslemgesinde Noord-Kaukasus .

Maar die Wolgograd-aanval is veral ‘n probleem vir die owerhede want die stad met meer as een miljoen mense is in die Russiese hartland .

Dokoe Oemarof, die leier van die militante groep wat ‘n Islamitiese staat in Rusland se hele noordelike Kaukasus eis, het belowe om die Winterspele te ontwrig deur burgerlikes te teiken.

Sondag se ontploffing was die dodelikste in Rusland sedert ‘n selfmoordbomaanval op Moskou se Domodedovo Lughawe die lewens van 37 mense in Januarie 2011 geëis het.

Ondersoekbeamptes het gesê die selfmoordbomaanvaller was vermoedelik ‘n vrou gewees. Daar word na hulle in Russies verwys as “swart weduwees”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.