Forensiese ondersoek na polisie-skeidingspakette

Deel op
Nathi Mthethwa
Nathi Mthethwa

‘n Forensiese ondersoek is gelas na die Suid-Afrikaanse polisiediens se afdeling wat gemoeid is met skeidingspakette.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het gesê ‘n omvattende ondersoek sal geloods word nadat vier polisielede ivm korrupte uitbetalings vasgetrek is.

Die afdeling is verantwoordelik vir die verwerking van betalings en voordele aan voormalige SAPD-werknemers.

Die vier mense is reeds in verband met beweerde bedrog en korrupsie met uitbetalings in hegtenis geneem en die Valke sal die ondersoek verder behartig.

Die boosdoeners het vals profiele geskep aan wie uitbetalings gemaak is, terwyl legitieme begunstigdes nie hul voordele ontvang het nie.

Hulle is aangekeer nadat die seun van ‘n ontslape polisieman ‘n saak van bedrog aanhangig gemaak het.

Mthethwa sê dit is moontlik dat ‘n sindikaat wat binne die polisie opereer met hulp van buite op grootskaal by die bedrog betrokke kan wees.

Die nasionale polisiekommissaris, Rhia Phiyega het vroeër gesê die SAPD word geteiken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.