Michael Schumacher ernstig beseer in ski-ongeluk

Michael Schumacher besig om te ski
Michael Schumacher besig om te ski

Michael Schumacher, die voormalige Grand Prix-wêreldkampioen en een van die suksesvolste in die geskiedenis van motorsport, verkeer tans in ‘n koma in die hospitaal ná ‘n ski-ongeluk in die Franse Alpe wat gister plaasgevind het.

Die Duitse renjaer, wat 44 jaar oud is en verlede jaar vir die tweede keer uitgetree het, het met sy kop op ‘n rots by die Meribel-skioord geval.

Met sy aankoms by die Universiteitshospitaal van Grenoble, die Franse stad op die Switserse grens, was hy in ‘n koma en het onmiddellike breinchirurgie benodig, luidens ‘n verklaring van die hospitaal. Geen besonderhede oor sy beserings en prognose is egter vrygestel nie.

But doctors haven’t released details about his injuries or his prognosis.

Die direkteur van die oord, Christophe Gernignon-Lecomte, sê die voorval het plaasgevind terwyl Schumacher teen Sondagoggend hors piste, oftewel buite die gemerkte skihange, geski het. Die presiese plek waar hy geval het was tussen die Georges Baduis Piste en die La Biche Piste.

Blykbaar het Schumacher wel ‘n skihelm gedra toe hy sy kop gestam het. Die reddingspan was binne minute by hom, waarna hy per helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Volgens die oorddirekteur wag hulle vir die polisieverslag. “Daar is ‘n ondersoek geopen. Ons beklemtoon dat daar geen sneeustorting was nie en dat hy hors piste geski het.”

Schumacher se mediawoordvoerder, Sabine Kehm, het ‘n verklaring op die amptelike F1-webwerf geplaas, waarin sy bevestig dat die ongeluk tydens ‘n “privaatskitog” plaasgevind het.

“Hy is hospitaal toe geneem en ontvang professionele mediese hulp,” sê sy. “Ons vra vir begrip en dat ons nie konstant inligting oor sy gesondheid kan verskaf nie. Hy het ‘n helm gedra en was nie alleen nie. Wat die val betref, was niemand anders betrokke nie.”

Die nooddiens in Meribel het bevestig dat Schumacher ‘n valhelm gedra het. Hy is van die Moutiers-hospitaal na die Grenoble-hospitaal oorgeplaas.

‘n Ander woordvoerder meen dat die besering nie “lewensgevaarlik” is nie en dat Schumacher op die ongelukstoneel by sy bewussyn was. Die voormalige Franse F1-bestuurder, Olivier Panis, het die hospitaal in Grenoble besoek, maar kon nie vir Schumacher te siene kry nie.

“Ek sal môre terugkom. Ja, ek is bekommerd,” het Panis gesê.

Schumacher het in 1996 leer ski toe hy vir Ferrari begin jaag het. Die Italiaanse renspan het jaarliks ‘n mediageleentheid in die Alpe gehou. Schumacher het vinnig leer ski en van toe af telkens ‘n vriendskaplike skiren gewen.

Volgens een joernalis kon die “aangebore vreesloosheid” van die Formule-renjaer hom egter verlei het om te vinnig te probeer ski.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie

    Baie sterkte en spoedige herstel word hom toegewens.

  • Trippie

    Ek wil nie ongevoelig wees nie, maar waarom word daar geensins berig oor die gruwelike verkragting en moord op die 4-jarige Jasmin Pretorius nie ?

    • Trippie

      Die moordenaar kom vanoggend voor in die Brakpan-hof.
      Blomme voor die woonstel waar sy gewoon het.