Wat is die liberalisme? Met ’n kort verwysing na Steve Hofmeyr

danie_goosen

deur Danie Goosen

Daar word dikwels gesê dat die liberalisme een van die grootste ideologiese gevare vir Afrikaners inhou. Maar wat word hiermee bedoel?

Nou, alvorens misverstand alles beduiwel, wil ek dit hier reg aan die begin so duidelik as moontlik stel. Ek stem met hierdie uitspraak saam. Trouens, dit kan nog sterker verwoord word:

Die liberalisme (en in die besonder sy hedendaagse variant, die neo-liberalisme) is die grootste ideologiese uitdaging waarvoor ons – maar ook talle ander kultuur-gemeenskappe dwarsoor die wêreld – te staan gekom het. Selfs ’n veel groter bedreiging as dinge soos vyandige state; die korporatiewe globalisme met sy dwang tot eenvormigheid; die verkrummeling van gemeenskapstrukture en die gevolglike verlies aan politieke inspraak in eie sake; die tirannie van politieke korrektheid en die selfveragting waaraan die intellektuele elites in die Westerse wêreld (maar ook onder Afrikaners) ly; die onvermoë om ‘nee’ vir vreemdelinge te sê en grense tussen gemeenskappe, kulture en tradisies te respekteer; die druk waaronder die politieke lewe en ’n sin vir die goeie oordeel verkeer (onder meer vanweë die burokratisering van die alledaagse ervaring en die vertroue op die sogenaamde klas van eksperts), ensovoorts.

Uiteraard beteken dit nie dat die liberalisme van hierdie lys van ‘bedreiginge’ geïsoleer kan word nie. Trouens, hierdie dinge – vyandige state, globalisme, verlies aan politieke deelname, ensovoorts – kan juis as ’n effek van die ideologiese liberalisme beskou word. As ons hulle egter wil begryp, moet die liberalisme ten grondslag daarvan verstaan word. Laasgenoemde verteenwoordig die dikwels onuitgesproke ideële agtergrond wat genoemde dinge aanmoedig en bevorder. Trouens, die liberalisme maak hierdie dinge moontlik.

Maar, en hieroor gaan die artikel, wat bedoel ons as ons van die liberalisme praat? Gebruik ons dié woord korrek wanneer ons dit dikwels kwistig rondgooi? Nog erger, is ons nie dikwels net so liberaal soos diegene wat ons graag van liberalisme beskuldig nie?

Wat is die liberalisme? In die gewone omgangstaal word die liberalisme dikwels verbind aan politieke dinge soos ’n konstitusionele regeringsorde en alles wat dit kenmerk: die verdeling van regeringsmagte, die oppergesag van die wet, ’n handves van menseregte, ensovoorts. Die meeste van hierdie dinge was egter reeds kenmerkend van die sogenaamde pre- en dikwels anti-liberale Middeleeue. As sodanig kan dit nie die wese van die liberalisme verteenwoordig nie. Daarvoor sal verder gesoek moet word.

Ons gaan hieronder uit van die standpunt dat die wese van die liberalisme blyk uit die spesifieke opvatting van die mens wat ten grondslag daarvan lê. Gemeet aan hierdie mensbeeld is die liberalisme ’n moderne verskynsel, want dit is eers in die moderne era dat die liberale opvatting van die mens na vore kon tree. Tydens die Klassieke wêreld van die Grieke en die Romeine, maar ook tydens die Christelike Middeleeue (’n tydperk wat glad nie so donker was as wat die liberale cliché lui nie) was die liberale mensbeeld onbekend. Waarna verwys ons?

Die wese van die liberale mensbeeld blyk uit twee vooronderstellings wat ten grondslag daarvan lê. Volgens die liberale opvatting is die mens eerstens van nature ’n vryswewende individu en nie ’n gemeenskapswese nie, en tweedens is die mens vry wanneer hy oor die keusevryheid beskik om sy lewe volgens sy eie individualistiese wil in te rig.

Geleerd geformuleer: die liberalisme word deur sowel ’n atomistiese as ’n voluntatiewe opvatting van die mens gekenmerk. Volgens die liberalisme kan die menslike toestand met ’n alleenstaande eiland vergelyk word waarop die individu (’n soort Robinson Crusoe) kan maak soos wat hy wil, solank hy nie – en dit is die tipiese kwalifikasie van die liberalisme – ‘andere’ benadeel nie (Die feit dat die liberalisme ander mensbeskouinge as die liberale lewenshoudinge minag, word daarmee gerieflikheidshalwe vergeet).

As ons die liberalisme wil verstaan, moet die implikasies van hierdie mensbeeld – ’n rewolusie in die geskiedenis van mensbeelde – behoorlik onder oë gekry word. Wat presies word daarmee bedoel? Indien ons nie hierdie vraag antwoord nie, loop ons die risiko om onder die slagspreuk dat ons anti-liberaal is dieselfde mensbeeld te handhaaf.

Laasgenoemde gebeur juis dikwels in sogenaamde anti-liberale kringe. Soos onder neo-konserwatiewe politici en intellektuele in die Verenigde State. Alhoewel neo-konserwatiewes in dié land dikwels ’n stryd teen die liberalisme voer, is ook hulle tot ’n individualistiese opvatting van die mens verbind. Ironies genoeg gee hulle daarmee juis kontinuïteit aan die liberalisme. Geen wonder dat die stryd tussen die twee groot politieke partye in die VS ’n mens dikwels met die gevoel laat dat hulle geen werklike alternatiewe vir mekaar bied nie. Vanweë hulle gedeelde mensbeskouing lyk die Demokratiese Party (die sogenaamde liberale party) en die Republikeinse Party (waar die meeste neo-konserwatiewes hulself bevind) dikwels na spieëlbeelde van mekaar, kante van een en dieselfde dieperliggende ideologiese munt.

Ten minste die volgende kort opmerkings moet oor die liberale opvatting van die mens gemaak word. Hopelik sal iets van die wese van die liberalisme duideliker daaruit blyk.

1. Historiese oorspronge van die liberalisme

Die historiese oorspronge van die moderne individualisme kan na 17de eeue figure soos Thomas Hobbes en John Locke teruggevoer word. Die liberale rewolusie wat Hobbes en Locke ingelei het, rus op die gedagte dat die mens van nature as ’n vryswewende individu verstaan moet word. Alvorens ek as mens dus as ’n lid van enige familie, dorp, stad, etnos of kultuur beskou kan word, is ek ’n individu. Hiervolgens behoort my veelheid van gemeenskapsbinding nie tot die wese van my as mens nie. Inteendeel, hierdie bindinge word deur die liberalisme is sekondêr tot my eie self beskou, ’n soort toevallige addendum tot wie ek eintlik is.

Kortom, as my verbintenis tot bepaalde gemeenskappe – my familie, my etnos, my kerk, ensovoorts – hoegenaamd iets oor myself as mens te vertel het, is dit dinge wat bloot ekstrinsiek tot my menswees behoort. Hulle is nie intrinsiek deel daarvan nie. Trouens, as ek my menswees wil verstaan, moet ek hierdie dinge van my afgooi.

As sodanig verskil die liberale mensbeeld van die Klassieke Griekse, Romeine en uiteindelik Christelik-Middeleeuse opvatting van die mens. Volgens laasgenoemde is ons as mense van nature gemeenskapswesens. Vanuit hierdie perspektief beskou is my verskillende gemeenskapsbindinge daarom ook nie ’n toevallige – ekstrinsieke – toevoegsel tot my menswees nie. Inteendeel, hulle behoort intrinsiek tot wie en wat ek is. Die feit dat ek tot hierdie of daardie familie, dorp, stad of etnos behoort, vertel iets wesenlik omtrent myself as mens. My menswees bestaan nie in abstraksie daarvan (en dus in ’n soort gemeenskapsvrye sone) nie. Inteendeel, my menswees bestaan slegs in en deur hierdie gemeenskapsbindinge.

Indien hierdie bindinge dus misken word, word my menswees as sodanig daardeur misken.

Daarmee het die outyd natuurlik nie gesê dat ek met slegs een gemeenskapsbinding – soos byvoorbeeld die feit dat ek tot ’n bepaalde etnos of kultuurgemeenskap behoort – saamval nie. As mens word ek altyd weer deur ’n veelheid van sodanige bindinge gekenmerk. Maar hoeveel gemeenskapsbindinge ook al kenmerk, ek is nooit – soos in die liberale mensbeeld – daarsonder voor te stel nie. Ek bestaan in en deur my gemeenskappe.

2. Die liberale idee van vryheid

Die liberale mensbeskouing word deur ’n spesifieke opvatting van vryheid gekenmerk. Daarvolgens is ek vry wanneer ek oor die keusevryheid beskik om te handel soos ekself goeddink, en nie soos wat enige gemeenskap, tradisie of kultuur aan my voorskryf nie.

Laasgenoemde opvatting is vandag die mees gesaghebbende opvatting van vryheid. Nog meer, dié vryheidsopvatting word vandag – by grasie van die verlies aan alternatiewe – dikwels tot die ekstreme toe deurgevoer. Laasgenoemde blyk onder meer uit die feit dat selfs onvolwassenes vandag as vry geag word slegs wanneer hulleself (en nie bowe-individuele kragte soos die ouerlike gesag, die tradisionele skool, universiteit of kultuur nie) besluit hoe hulle opgevoed moet word, watter kurrikulum hulle op skool of universiteit moet volg, of watter dinge as reg/verkeerd, mooi/lelik of waar/vals beskou moet word. Onvolwassenes moet self oor hierdie dinge besluit.

Ten grondslag van hierdie vryheidsopvatting staan die idee dat die individu outonoom (en dus onafhanklik van enige ander gesag) oor homself kan besluit. In die proses word nagelaat om aan te toon dat die liberale vryheidsopvatting ’n pure fiksie is. Waarom? Omdat die liberale individu, in weerwil van sy pretensie om self te besluit, inderwaarheid deur ’n magdom liberale kragte voorgeskryf word wat om te doen en wat nie: dit is kragte soos die liberale staat, die liberale ekonomie, die liberale regswese, die liberale akademie, die liberale media, ensovoorts.

Kortom, daar word nagelaat om aan te toon dat die liberale vryheidsidee deur ’n verlammende kontradiksie gekenmerk word. Terwyl die outonome individu dink dat hy oor alles besluit, word hy deur ’n netwerk van liberale kragte – tot in die fynste detail rondom dinge soos lewenstyle, beroepskeuses, etiese voorkeure, hoogste waardes, godsdienstige oortuigings, ensovoorts – ingelig, bestuur, voorgelig, voorgeskryf.

Teenoor die liberale vryheidsopvatting staan die tradisionele vryheidsopvatting vanuit die ou wêreld. Daarvolgens is ek vry wanneer ek saam met my gemeenskapsgenote deelneem aan die verwesenliking van wat as die gemeenskaplike goed beskou word. Laasgenoemde vryheidsidee vooronderstel nie, soos in die liberalisme, dat daar ’n spanning is tussen my vryheid en wat die tradisie as ‘goed’ aan my as individu voorhou nie. Inteendeel, volgens die tradisionele opvatting is ek as individu eers vry wanneer ek juis in ooreenstemming lewe met wat deur die tradisie (familie, skool, universiteit, kerk, ensovoorts) as goed beskou word.

’n Tipiese voorbeeld hiervan kan in die ou republikeinse tradisie (waaronder ook onder Afrikaners in veral die vroeë Boererepublieke) opgespoor word. Republikeine is nie vry omdat hulle in die eerste plek self besluit oor hoe hulle hul lewe as individue wil inrig nie, maar omdat hulle op ’n gesamentlike grondslag (en op die ‘verhoë’ van die eie gemeenskap, soos die eie parlement, die eie gemeenskapsraad, die eie stadsraad, die eie skool en universiteit, ensovoorts) deelneem aan die verwesenliking van wat hulle as die gemeenskaplike goed beskou. Laasgenoemde sluit onder meer dinge in soos ’n eie taal, kultuur en tradisie, asook die ‘waardes’ wat deur laasgenoemde dinge oorgedra word (dit is dinge soos dapperheid, geregtigheid, waarheid en skoonheid).

Liberale woordvoerders, ook in Suid-Afrika, wat aanvoer dat die beroep op individuele regte ook vir ’n volk soos die Afrikaners voldoende is, verstaan glad nie bogenoemde republikeinse vryheidsidee nie. Trouens, die mensbeeld waarop die republikeinse gedagte rus, naamlik dat ons gemeenskapswesens is wat op ’n gesamentlike grondslag aan die openbare sake deelneem, val volledig buite hulle verwysingsraamwerk. ’n Blote beroep op regte – en die gevolglike juridifisering van die politieke lewe – is vir hulle voldoende.

Uiteraard beteken dit nie dat die tradisie die belangrikheid van ‘keusevryheid’ ontken het nie. Maar die keusevryheid van die individu is altyd weer ondergeskik geag aan wat deur die tradisie as goed, waar en skoon beskou is. Trouens, ’n mens kan praat van ’n goeie wisselwerking tussen individu en gemeenskap in die outyd: Sonder die gemeenskap was die individu nie moontlik nie, maar die gemeenskap is op sy beurt ook hernieu deur die skeppingskrag en ondernemingsgees van die individu.

Alhoewel die liberale vryheidsopvatting vandag dominant is, is die tradisionele vryheidsopvatting orals aanwesig waar protes teen die hegemonie van die bestaande orde aangeteken word; waar nuwe vorme van gemeenskaplike deelname, inspraak en saamwees opgesoek word; waar die strewe na die gemeenskaplike goed wakker gehou word. Sowel onder sogenaamde ‘linkse’ as ‘regse’ populistiese groeperinge kan dit raakgesien word.

3. Liberalisme en die moderne territoriale staat

Omdat die artikel nou reeds te lank is, sluit ons met ’n laaste eienskap van die liberale mensbeeld. Dit hou met die politieke en ekonomiese orde verband wat deur dié mensbeeld vooronderstel word.

Geen ander politieke orde pas so by die liberale mensbeeld as die moderne territoriale staat nie. Trouens, die staat wat Hobbes en Locke, grondlêers van die moderne liberalisme, in die vooruitsig gestel het, was juis die moderne territoriale staat. Ons kan sê dat laasgenoemde ‘ontwerp’ is om aan die behoeftes van die moderne individu te voldoen.

Waarom? Ten diepste is die moderne liberale staat in wese niks anders as ’n kontrak tussen vryswewende individue nie. Laasgenoemde kontrak het ten doel om die ruimte vir die individu te skep waarbinne hy, nou onder die beskerming van die almagtige staat, ‘vrygestel’ word om sy lewe volgens sy eie individualistiese voorkeure in te rig.

Anders as wat dikwels gedink word, is dit daarom ook nie die individu wat die grootste historiese vyand van die territoriale staat is nie, maar eerder die gemeenskappe. Robert Nisbet het in sy onvergelyklike The Quest for Community die rede daarvoor gegee. Volgens Nisbet het die veelheid van gemeenskappe met hulle tussenliggende instellings (kerke, skole, dorpsrade, gilde, universiteite, ensovoorts) nog altyd in die pad van genoemde kontrak gestaan. Daarom moes hulle ook verwyder word.

Hoe het die liberale state te werk gegaan? Die antwoord daarop hou verband met die feit dat die state hulle onderskeie grondgebiede aan ’n soort kille en lewelose vorm van standaardisering onderwerp het. Ons kan ook sê dat die moderne state hulle onderskeie grondgebiede geometries ingedeel en so aan ’n abstrakte ruitpatroon onderwerp het. Waarom? Alhoewel dit ’n verwikkelde antwoord verg, hou dit verband met die feit dat die state met behulp van standaardisering daarvoor gesorg het dat die ruimte vir die individu vrygestel word waarbinne hy vrylik kon rondbeweeg. Kortom, in die geskiedenis van die moderne staat het standaardisering en individualisering hand aan hand geloop.

Alhoewel die proses van standaardisering om vanselfsprekende redes ook groot voordele gebring het, het gemeenskappe met hulle tradisies, tale en instellings in die pad daarvan gestaan. Daarom het die moderne liberale territoriale state ook uit hulle pad gegaan om die plekke en instellings van gemeenskappe te verwyder. Enigeen wat die geskiedenis van die territoriale state ken, sal weet dat dit presies is wat vanaf die 16de en 17de eeue in die moderne Europa gebeur het.

Kyk in hierdie verband na die wyse waarop die moderne liberale Engeland en Frankryk (vanaf die eerste dekades van die 16de eeu) ter wille van die standaardisering oorlog teen ’n groot hoeveelheid tale, kulture en tradisies binne hulle onderskeie grondgebiede aangeknoop het. In die proses het beide state onder meer van die meerderheidstale, naamlik Engels en Frans, gebruikgemaak om een standaard op alles af te dwing.

In Suid-Afrika voltrek dieselfde logika homself vandag. (Interessant dat apartheid-Suid-Afrika, anders as die territoriale state, juis die veelheid van tale erken het). In naam van ’n liberale verdraagsaamheid jeens die veelheid van tale (‘elf amptelike tale’) word Engels op ’n bruut onverdraagsame wyse as instrument gebruik om ’n abstrakte eenvormigheid op alles af te dwing. Die staat se teoretiese pretensie om elf amptelike tale te hê, word deur die praktyk van radikale eentaligheid ontbloot vir wat dit is, naamlik ’n liberale pretensie van openheid.

Gepraat van die kontradiksies van die liberalisme! Terwyl dit voorgee om ruimtes van vryheid te wees, voer dit ’n verstikkende onverdraagsaamheid jeens die gemeenskappe by die agterdeur in. Alhoewel verskeie state intussen aan die hand van federale beginsels inderdaad ruimtes vir ’n veelheid van gemeenskappe geskep het (dink maar aan Switserland, Spanje, België en Kanada), gee die Suid-Afrikaanse staat min blyke daarvan dat hy dit begryp. Inteendeel, die proses van standaardisering (een taal, een ideologie, een gesentraliseerde gesagstruktuur, ensovoorts) gaan onverpoosd voort.

Geen ander ekonomiese orde pas egter ook so goed by die liberale mensbeeld as die hedendaagse globale ekonomiese orde nie. Soos met die territoriale state poog die globale ekonomiese orde om die geheel – nou die ganse internasionale orde – aan ’n eenvormige standaard te onderwerp. Waarom?

Net soos met die territoriale staat gaan dit vir die globale ekonomiese orde oor die ambisie om ’n soort abstrakte ruimte te skep waarbinne die individu en hulle goedere vrylik oor die grense van gemeenskappe, kulture en tradisies kan beweeg. Indien hier nog enige vorm van erkenning jeens laasgenoemde kragte opgesluit lê, gaan dit slegs oor die mate waarin dit binne die ekonomiese logika van die orde betrek en daaraan dienstig gestel kan word.

Anders as wat dikwels gesê word, verteenwoordig die staatlike liberalisme vanuit hierdie perspektief beoordeel nie ’n alternatief op die globale orde nie. As daar van ’n verskil sprake is, is dit slegs kwantitatief van aard: ruimtelik gesproke is dit veel groter as die territoriale state. Ten diepste deel hulle egter dieselfde wil tot standaardisering en vyandskap teen die veelheid van gemeenskappe.

4. Steve Hofmeyr as kontra-liberale krag

Bogenoemde opmerkings bring ons by Steve Hofmeyr. Nou, die private persoon is nie hier ter sake nie. In weerwil van die hedendaagse obsessie met die private lewe van sterre is laasgenoemde eintlik die mins interessante aspek van enige mens, Steve ingesluit. Trouens, net ’n wêreld wat deur verveling bedwelmd is, kan die private lewe van sterre boeiend vind.

Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr

Nee, ek wil eerder teen die agtergrond van bogenoemde opmerkings oor die liberalisme na die openbare Steve Hofmeyr verwys. Wat verteenwoordig Steve? My vermoede is dat die openbare aandag op die private die aandag aflei van ’n betekenisvolle openbare feit, naamlik dat Hofmeyr ’n belangrike – miskien selfs die heel belangrikste – kontra-liberale krag onder Afrikaners verteenwoordig. Waarna verwys ek?

Een van die boeiendste verskynsels in die politieke lewe vandag is die populistiese bewegings vanuit sowel ‘links’ as ‘regs’. In verskeie Wes-Europese lande geniet hulle – tot groot ontsteltenis van die liberale establishement – reeds ’n beduidende deel van die kiesersteun. Gebore uit ’n diepe ontevredenheid met die liberale staat en die globale ekonomiese orde, maak talle populistiese groepe vandag juis vir groter vorme van deelname en inspraak in eie sake voorspraak.

In aansluiting by die uiteensetting hierbo, die nuwe populisme word gevoed deur anti-liberale oortuigings, en in die besonder deur die idee dat die reduksie van ons as mense tot blote individue nie voldoende is nie. Ons is in die eerste plek gemeenskapswesens wat selfstandig oor ons eie sake wil besluit, lui sy boodskap.

Geen wonder dat die populisme so negatief deur die liberale establishment (en in die besonder deur liberale intellektuele, die ‘voorhoede’ van die status quo) ontvang word nie. Laasgenoemde weet bykans instinktief (as hulle nog ’n instink het), dat die populisme ’n wesenlike gevaar vir hulle inhou. In die besonder daag die nuwe populisme die antropologiese, politieke en ekonomiese vooronderstellings van die orde uit. Kortom, dit stel ’n era anderkant liberale staat en ekonomie in die vooruitsig, ’n era waarin gemeenskappe tot hulle reg kan kom.

Steve Hofmeyr moet vanuit hierdie konteks verstaan word. Soos waarskynlik geen ander figuur onder Afrikaners nie versinnebeeld hy die wete dat ons as volk, kultuur-gemeenskap of groep deur die liberale orde met sy dwang tot standaardisering uitgesluit word; dat ons geen sinvolle inspraak in sake het wat vir ons van belang is nie; dat ons deur die bestaande ordes tot ’n posisie van radikale onmag gereduseer word;

En soos in die nuwe populistiese bewegings wêreldwyd besef Hofmeyr dat indien die eie gemeenskap nie by wyse van protes van homself laat hoor nie, die staatlike orde eenvoudig sy wil tot standaardisering roekeloos sal deurvoer. Teenoor die abstrakte wêreld van staat en ekonomie word daarom ook die partikuliere gemeenskap, die spesifieke plek, die besonder instelling geplaas. Deur hierdie dinge op te eis, kan die tirannieke abstraksie wat die ordes is, weggedruk en weer ruimtes vir kollektiewe vryhede oopgemaak word.

Kortom, ten grondslag van die populistiese Hofmeyr lê die gedagte dat gemeenskappe ruimtes sal moet oopmaak tussen die staat en die individu waar gemeenskappe ’n gemeenskaplike lewe kan voer; waar hulle selfstandig oor hulself kan besluit, en vanwaar hulle op ’n sinvolle wyse kontinuïteit aan hulself sal kan gee.

Geen wonder dat Hofmeyr met soveel agterdog deur die media bejeën word (of die aandag dikwels weg van die openbare sake na sy persoonlike lewe verplaas word) nie. In die populistiese kragte wat hy beliggaam, lê ’n enorme uitdaging vir die bestaande kontrak opgesluit.

In die hart van die argument teen die populisme staan die gedagte dat dit ‘onverdraagsaam’ is (hoor wie praat!). In der waarheid word die populisme gevoed deur die gedagte van ’n plurale demokrasie waarin die veelheid erken en nie aan die verstikkende dwang tot eenvormigheid onderwerp word nie.

Laasgenoemde is ook van Hofmeyr waar. In weerwil van die dikwels moedswillige indruk wat van hom geskep word asof hy ’n soort onverdraagsame politiek voorstaan, word die ‘Hofmeyr-populisme’ deur radikale demokratiese – of pluraal-demokratiese – impulse gemotiveer. In hierdie sin verteenwoordig hy ’n alternatief op sowel die era van apartheid as die bestaande liberale hegemonie.

Enigeen wat soek na alternatiewe op die liberale bedeling van vandag, moet in die populisme bemoedigende tekens van ’n alternatief raaksien. Dit is ook waar van Steve Hofmeyr en die populistiese kragte wat hy beliggaam.

Prof. Danie Goosen is voorsitter van die FAK

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • ThysH

    Net toe ek begin wonder of dit nog die moeite werd is om deel te wees van Praag, kom hulle met hierdie artikel van prof. Danie.

    Ek kan nou nie se dat ek saamstem met alles wat hy stel nie, maar die kern van sy argument naamlik die pogings om die gemeenskap te vernietig, is absoluut in die kol. Ek sou graag wou sien dat hy in ‘n opvolg bietjie meer uitbrei oor die plek van ‘n individu binne ‘n gemeenskap. Dit wil amper vir my voorkom of hy soms bietjie te veel “mag” aan die gemeenskap gee – om dit in duidelike, hedendaagse terme te stel: soos dat daar nie plek vir ‘n nie-christengelowige in die Afrikanervolk is nie! Indien ek reg is, sal ek hom graag hieroor wil aanvat, maar dit gaan ‘n artikel van dieselfde en dalk langer lengte vereis.

    Maar wat ek graag sal wil sien, is Steve H se reaksie op die artikel. Nooi hom om te reageer. Ek dink hy sal dit nogal geniet.

    • Trippie

      Stem 100% saam met jou inleidings- en slotparagrawe.

    • jan

      Oom Thys
      nou wat sê julle Vrydenkers.co.za oor liberale lotsgebondenheid Hmm?
      Hoekom wil vrydenkers in Christen gemeenskappe funksioneer – wat soek julle tussen die Christene?

      • ThysH

        Jors, gaan drink jou pille – jy weet nie eens wat Christen werklikbeteken nie – en jy kan nie eens ‘n webblad-adres regkry nie! Tipies!

        • jan

          Antwoord my vraag dan sal ons almal weet.

  • Hans Onrust

    “(Die feit dat die liberalisme ander mensbeskouinge as die liberale lewenshoudinge minag, word daarmee gerieflikheidshalwe vergeet).”

    De gigantische kosten in mensenlevens welzijn en welvaart worden niet geriefelijk vergeten maar bewust kwaadaardig verzwegen, door de onder allerlei benamingen voorkomende ‘rechtvaardige (her)verdelers’, van wat wèl was opgebouwd, onder dekking van chaos als bv misdaad en algehele sociaal economische onzekerheid.
    Een kenmerk met hoge organisatiegraad daarentegen is de exorbitante beloning die men als eerste zeker stelt voor dit ‘nobele hoogverheven’ werk. De anc zeker niet vreemd.

    Altijd is het creërende individu onder druk van dit soort en bedreigd doordat gewoon 100, 1000 of tien miljoen ‘non haves’ ter wurging worden aangevoerd voorzien van een gefiatteerd politiek lunchpakket met de vrijheid tot misdaad.

    Het is overduidelijk dat bv. zo’n madame Papenfus gewoon een afgeperste huurling is die een paar dukaten mag behouden voor haar beulswerk in deze zogenaamde rechtstaat.

    Over de liberale pretentie tot openheid is de tip van de sluier zoals bv door Greenwald j.l. vrijdag in Hamburg Duitsland opgelicht een zoveelste open deur.

    Een pluim voor de schrijver die de praktische omlijning van vrijheid als mondiaal absolutistisch gepredikt door de zelfvoldane politiek elite, dus gevangenschap, hier duidelijk weergeeft.

  • henkst

    lib·er·al·ism n (1819)
    1 : the quality or state of being liberal
    2 a often cap: a movement in modern Protestantism emphasizing intellectual liberty and the spiritual and ethical content of Christianity
    b : a theory in economics emphasizing individual freedom from restraint and usual based on free competition, the self-regulating market, and the gold standard
    c : a political philosophy based on belief in progress, the essential goodness of the human race, and the autonomy of the individual and standing for the protection of political and civil liberties
    d cap: the principles and policies of a Liberal party.
    Merriam-Webster’s Dictionary and Thesaurus

  • Kalium_Chloraat

    Aan die fondasie van liberalisme lê die aanname dat die mens inherent goed is. Dit lei tot die gevolgtrekking dat die mens dus die regte keuse sal maak as hy genoeg inligting kry en beheer word.

  • Koos Bester

    Dis lankal glashelder dat dit nie nodig is om liberalisme vir ‘n toets na die forensiese laboratorium in Pretroria te stuur om tot die besef te kom kry jy dié ding in vrek jy nie, ou Daan. Dat jy nou ‘n lang artikel en ‘n gedelf in die geskiedenis nodig het om dit te doen, met ‘n outydse blaaspypie wat die spietkops nog destyds gebruik het toe ek desjare by wet en orde werksaam was (die goeie ou SAP), was dit duidelik liberalisme is die dood om die volgende draai. Dit laat jou met die vraag waarom Daan van die FAK hom in ‘n biesonder la-a-a-ng artikel teen die ding uitspreek. Wil hy hom daarmee dalk distansieer van ander Daan van die FAK en ook die Broederbond, Danie Langner; sulke snare; Flip de Lib en so aan ingesluit, hulle wat so smartlik geween het oor Nelson se heengaan? Nou dat jy van jou laat hoor het, ou Daan, wil jy en jou makkers sommer vir ons sê wat julle met die Helpmekaar- en die Christiaan de Wet-fonds, noudat Nkandla se nuwe neonligte julle soos ‘n bliksemstraal getref het, gaan maak? En Flip Buys met Dagbreek Trust se miljoene? Daar is soveel liberale liggies aan jul bome wat julle kan uitdoof, die dag as jy en jou maters nou regtig glo wat jy vandag gepreek het, ou Daan. Honderde duisend Afrikaners wat in honderde plakkerkampe oral in die land sit en krepeer wag, ou Daan, noudat jy namens jou FAK- en Broederbondmaters laat hoor het jy sien wel die lig voor in die wapad brand.

  • jacobmouw

    Liberalisme is… rasionalisme in politiek. Dit is die definisie. Jacob Zuma is aktief teen liberalisme in Suid-Afrika.

    • Friedrich

      ‘n Beter samevatting kan ek nie gee nie…

  • jan

    Laat ons nie onrealistiese – bo-menslike dinge verwag van enige volk wat vir 40 jaar onder ‘n staat van beleg verkeer het nie. Hoe later hoe kwater na die moord op ons enigste hoop , Verwoerd se Veelvolkige Christelike Demokrasie Liberalisme – deur die wittes self.

    Na die bevryding /opheffing van die beleg sal almal soos ek ‘n liberalis wees. Vry om my eie lot in my eie hande te neem deur vrywillig in te skakel by wie ek wil. En ly ons almal aan ‘n fobie oor valse leierskap – nadat ons leiers ons van die paradys na die slawehuis mislei het.

    Vir dekades is die volkie oorreed om soos dolfyne selfmoord te pleeg. Dis die waarheid.
    So liberale vryheid in volksverband is ons redding Maar die siekte van dwang deur die moordenaars van Verwoerd van die ou bedeling kanker steeds voort.

    Nou het ons ‘n sekulêre /paganistiese rampokker- Tsafendastan

    • jan

      Noodsaaklik om die prentjie van maatskaplike verval verder te bekyk naamlik die verval van die boustene van ‘n gemeenskap naamlik die huwelike en gesinne. Al wat nog seker is in die lewe van vandag is wie jou ma is. Daar is tot 50% enkelouers by sekere Afrikaner skole. Want die huwelike word as tronke beskou. Veelvuldige seksuele kontakte is die reel ipv die uitsondering.
      Die wetenskap het seksuele bevryding van die vrou veroorsaak soos nooit voorheen nie. Dis ‘n geweldige markkrag en maaskaplike krag wat mens verlee maak oor die resultate van die wonderlikste Westerse vooruitgang.

      Maar op die ou einde glo ek nogal vas in Milton Friedman se postulaat waarmee hy die Nobelprys gewen het. Dat die Vrye mark en politieke vryheid interafhanklik is. Die een kan nie sonder die ander nie en moet by mekaar pas. Die ‘mark’ sal jou vryheid bepaal.
      Dis die uitdaging om die ‘mark’ aan te wend vir jou selfbeskikking.
      Prof Sadie het destyds ‘n beheerde mark gehad saam met die veelvolkige vryhede van Verwoerd. Dit was uiters suksesvol.
      Vandag sal die mark vir vreemde arbeid ons vryheid bepaak en ons sal gedwing word om saam te WERK om van vreemdes tussen ons ontsale te raak.

      • Hans Onrust

        Goedemorgen Jan. Aannemelijk wordt in uw laatste zin met “bepaak” bepaal bedoelt ?

        Het tegen elkaar opzetten van man en vrouw is een wezenlijk onderdeel van de ‘verdeel en heers’ strategie.
        Alles wat enige structuur gaf tegen elkaar uitspelen leent de mark(t) zich uitstekend voor.
        Zo is er ruim baan gemaakt voor respect doorslaand in aanbidding voor een vadertje Stalin in Suid Afrika die als twee vliegen in èèn klap ook Jezus kan vervangen. Voor alle mensen, en die markt is behoorlijk in geïnvesteerd, zonder vader en geloof.(wat dus eerst even is afgenomen)

  • Gert Kruger

    Die ellendige toestand waarin die land tans verkeer is die direkte gevolg van die golf van liberalisme wat die land die afgelope aantal dekades oorspoel het; die oorsaak waarvan direk gesoek moet word in die liberalisties-sosialistiese politieke beleidsrigtigtings van liberale politici. ‘n Kenmerk van die Liberalisme, hul leiers en meelopers is dat hulle baie verdraagsaam teenoor alle afwykende leerstellinge is en baie gretig is om hul ondeurdagte en ongetoetste beleidsrigtings op die land en al sy volke toe te pas en af te dwing. Wanneer dit in die praktyk nie slaag nie soos tans die geval in SA is, is hulle baie onverdraagsaam teenoor diegene wat hulle daaroor kritiseer en is hulle nie bereid om verantwoordelikheid vir hul dade te aanvaar nie.

    Geen wonder dat iemand oor die liberalis wat nooit sal wakker word of ontwaak nie, reeds in die vorige bedeling, die volgende gediggie geskryf het:

    DIE LIED VAN DIE LIBERALIS
    (Outeur: Buks Barnard)
    ———————————————
    Ek leef in “hervorming” se lui-lekkerland
    Waar mense so graag in ‘n buiteband brand
    Die bomme die kraak en die werkers die staak
    Maar ek, ek sal nimmer ontwaak!

    My huis sluit ek toe agter tralies van staal
    Aan misdaad is daar mos nie perk of paal
    Maar instroom van swartes kan my tog nie raak
    Want ek, ek sal nimmer ontwaak!

    Die rand in my sak kan omtrent niks meer koop
    En petrol se prysgroei hou my aan die loop
    Maar ek sien in inflasie geen bedreiging of draak
    Want ek, ek sal nimmer ontwaak!

    Hervorming se koste kan my tog nie skeel
    Die witman betaal en die swarte die teel
    Ek stik aan vermenging se walglike smaak
    Maar ek, ek sal nimmer ontwaak!

    Die Boerevolk se erfgoed die gee ek graag weg
    Want ek is te slap om vir volkstrots te veg
    My kinders se toekoms die maak ook nie saak
    Want ek, ek sal nimmer ontwaak!

    En as ek my sin kry, wat bly dan nog oor –
    Is vrede gewen of ‘n volk bloot vermoor?
    Dit kan my nie raak, dit maak tog nie saak
    Want ek, ek sal nimmer ontwaak!

  • Arnieann

    Die oplossing is heel eenvoudig. Bring Apartheid terug. Nie die apartheid van die ou Suid Afrika nie. Apartheid tussen die regering en die Kerk en sosiale struktuur van die mense.
    Die staat se plig is om sy inwoners se grond, en hulle reg om dit te behou, te waarborg. Dit word beskerm deur die weermag. Al die ander staats infrastruktuur kan net suksesvol toegepas word as daardie weermag die inwoners die gerustheid kan bied om normaalweg met hulle take te kan voortgaan. En dan samelopend daarmee ook die polisie wat sorg dat daar binne hierdie weermag beskermde staat, verdere beskerming gegee kan word aan die inwoners.
    As hierdie twee Staats instellings nie behoorlik funksioneer nie,sal die res binne so ‘n staat ook nie werk nie, maak nie saak watter politieke groep die land regeer nie.
    Eers daarna kan die res van die infrastruktuur suksesvol in plek geplaas word.
    Die moment as ‘n regering met sy mense se persoonlikke voorkeure en gewoontes inmeng, dan vind vervreemding plaas, en dit lei tot konfrontasie.
    Presies waarmee ons nou sit.

  • Sjert

    Afgesien van latere filosowe soos Locke, Mills, Hobbes, De Montesquieu, Smith, De Tocqueville en talle andere wat die Liberalisme in fynere detail beskryf het, kan die oorsprong van hierdie denkrigting selfs sover terug as die Sofiste gevind word.

    Elemente van die Klassieke Liberalisme was/is ook nog altyd deel van Afrikaners. Godsdiensvryheid, beskerming en erkenning van privaat regte/eiendom, spraakvryheid, vrye markstelsel…Hoe ookal. Elemente van die Liberalisme en Konserwatisme is mynsinsiens deel van meeste Afrikaners se lewensbeskouinge. Soos wat dit ook deel van meeste Westerlinge s’n is.

    Die skrywer van hierdie rubriek sê oa: “…(Interessant dat apartheid-Suid-Afrika, anders as die territoriale state, juis die veelheid van tale erken het). In naam van ’n liberale verdraagsaamheid jeens die veelheid van tale (‘elf amptelike tale’) word Engels op ’n bruut onverdraagsame wyse as instrument gebruik om ’n abstrakte eenvormigheid op alles af te dwing…”

    Indien bogenoemde stelling korrek was, wat dit vir seker nie is nie, sou die Soweto onluste waarskynlik nooit plaasgevind het nie en sou die ANC en hul Oosblok base se stryd om die wêreld se aandag op ons te vestig, voort geploeter het.
    Die blootstelling van die Soweto opstande in 1976 wat geleentheid geskep het vir ‘n grootskaalse en volgehoue propaganda-oorlog, het grootliks tot die sanksieveldtog se suksesse bygedra. Om nie eers van die latere gebruik van oorle’ Mandela en sy pelle se ‘onregverdige’ aanhouding op Robbeneiland en ander fabels te praat nie!!!

  • Karel Combrinck

    Dankie vir ‘n hoogs prikkelende en welkome artikel.

    Die probleem met die Liberalisme is dat dit ‘n deksels moeilike konsep is om te omskryf. Meeste van die kritiek op die Liberalisme is kritiek op die aberrasies daarvan. (En die Liberalisme bestaan deesdae omtrent net uit aberrasies. Dis nou juis die probleem.) Die artikel noem die voorbeeld van skoolkinders wat wil beslis oor wat en hoe hulle moet leer, maar daar is natuurlk ‘n legio ander voorbeelde, die een meer absurd en bizar as die ander.

    Daar moet onderskei word tussen, enersyds die beginsels van die liberalisme soos dit op sy beste daar uit gesien het en wat, soos Sjert hier onder tereg opmerk, deel van die Afrikaners se lewensbeskouing was, en andersyds die moderne Liberalisme wat ‘n verdraaiing en verwringing daarvan is, wat ten slotte met werklike liberalisme min te doen het. (Prof. Goosen se artikel lig dit uit).

    In die poging om die Liberalisme te omskryf kan dit miskien nuttiger wees om te vra wat sy benadering is ten opsigte van bepaalde temas,(“issues” soos die Ingilse sê) soos bv aborsie, die doodstraf, homoseksuele huwelike, rasgemengde verhoudings, voorkeur aan swartes (“minder bevooregtes” en “verontregdes”) wat betref arbeidsgeleenthede, gesondheidsdienste, sosiale bystand ens ens. (In Engeland byvoorbeeld word voorkeur gegee aan onwettige immigrante vir fertiliteitsbehandeling bo gebore en getoë Engelse wat reeds jare lank op behandeling wag.) Ons weet min of meer hoe “Liberales” op hierdie temas reageer.

    Die gevaarlikste is miskien dat al hierdie beskouinge soos die Liberalisme trag om relegie of godsdiens te wees. Gevaarlik omdat godsdiens dikwels grens aan fanatisme. Ons het onlangs weer die katarsistiese verheerliking van die afgod Mandela beleef. God is dood, in die woorde van Friedrich Nietszche en so ook is die Nazisme, die Kommunisme en die klassieke nywerheidskapitalisme. Daarom word geklou aan al wat daar nog oorbly. En wat daar oorbly, wentel grotendeels rondom ras.

    Die begrip Liberalisme word in Europa vandag meesal gebruik om te dui op algehele ekonomiese bandeloosheid waarvolgens die groot spelers van die nuwe wêreldorde, banke en ander finansiële instellings met miljarde omgaan asof dit die sand van die see is. Intussen word kleiner ondernemers hulle vryheid en beweegruimte ontsê deur ‘n verlammende belastingstelsel wat geen ander doel het nie as om die banke te finansier. (In Frankryk bv word die totale inkomstebelasting wat deur die staat gevorder word, bestee NET aan die finansiering van RENTE betaalbaar aan banke op lenings deur die openbare sektor.)

    Soos die meeste ander dinge in die lewe is die Liberalisme ‘n mengsel van soms versoenbare en soms onversoenbare elemente: Sosialisme, ongebreidelde kapitalisme, egte of verwaterde Christendom, die filosofie van die humanisme. Hoe meer die moderne liberalisme probeer van die mens ‘n eiland te maak, hoe meer maak hy van hom ‘n insek. Want die uiteinde van beskouinge soos die Kommunisme, moderne Liberalisme en Kapitalisme is om van die mensdom ‘n horde konformerende insekte te maak; politieke insekte, ideologiese insekte, verbruikersinsekte.

    In hulle strewe na wêreldoorheersing word hierdie soort benaderings wat almal in groter in of mindere mate ideologiese dwangbuise is, wetend of onwetend bygestaan deur die “liberaliste”, die tweede viole in die politiek, die media en die akademie, die nuttige idiote van die moderne tyd.

    • Karel Combrick

      By die ismes hierbo genoem, moet nog bygevoeg word die Internasionalisme. Hierrdie kragtige ideologie wat ook die steun van “liberales” geniet en wat nou saamhang met die nuwe ekonomiese wêreldorde, het ten doel om alle geografiese, taal- en kultuurgrense te vernietig.

      Wanneer deesdae in Europa en Amerika van “kultuur” gepraat word, is dit dikwels iets soos Jazz, Negro Spirituals of Toyi Toyi wat bedoel word. Genadiglik het ons nog nie gehoor van Vuvuzela-konserte nie. Maar miskien moet ‘n mens dit liewer nie te hard sê nie.

  • theoprinse

    Die streng gelowige Joodse editor Caroline Glick het in ‘n onlangse bydrae ook Thomas Hobbes en John Locke genoem

    “You know, the whole concept of the modern state is based upon the philosophical works of men like John Felton and John Locke, Thomas Hobbs; who were Hebrew scholars who based their whole concept of a modern state that these men put together on the rule of law, on divine law, meaning that man could not be a totalitarian because we are not God. Meaning that there was no way you could not question authority, because men are imperfect. And therefore, if you have a man who is your ruler, he cannot be perfect, because he’s not God.

    And that was the whole concept of limited government. The whole concept of a modern state was based on the Hebrew Bible. And it was transported from the British Enlightenment to the New World through the American forefathers, Founding Fathers. And it was the basis of all the institutions of checks and balances and limited government in this country, and of communalism as opposed to a central church, a hierarchical church.”
    http://www.frontpagemag.com/2013/frontpagemag-com/the-genocidal-axis/

    Hobbes was die stigter van die absolute soewereine . Hy beskou god as stoflik. John Locke is na sy vlug na die Republiek van die Verenigde Nederlande in geselskap van Willem van Oranje terug na Engeland om hom tot King Billy te kroon

    Hierdie Willem III het daarvoor minister president die republikein Johan de Witt en sy broer die baas van die Nederlandse vloot Cornelis de Witt vermoor .

    Die voorganger van Willem III – Maurits van Oranje – het minister president ( raadspensionaris ) Johan van Oldenbarnevelt vermoor .

    Die Oranjes is eintlik Naussau van Dillenburg Duitsland .

    Hierdie Duitsers het die ekonomiese belange van die Republiek der Nederlanden verraai aan die Britte .

    Die Britte het einde 18de eeu Kaapstad oorgeneem en in 1899-1902 die volksmoord gepleeg op 24.000 Afrikaner in Britse konsentrasie kampe .

    Die Britse konsentrasie kampe was die basis van die Britse apartheidspolitiek in Suid Afrika en die basis van die Britse racist dogma’s waar liberale en multiculturelen as Helen Zille en terroris Mandela is geïndoktrineer. Hendrik F. Verwoerd het enkel die Britse apartheid oor en is reeds vermoor voordat Verwoerd ‘n thuislande politiek kon uitvoer.

    Die diamante het oa na die firma Asscher in Amsterdam .
    http://en.wikipedia.org/wiki/Abraham_Asscher
    Sy kleinseun Lodewijk Asscher is premier van Nederland en lid van die Nederlandse sosiaal- demokrasie wat Pim Fortiyn en Theo van Gogh vermoor het .

    Jare later instigeerde die protestante Jood Wim Kortenoeven as lid van die Party vir die Vryheid van Martin Bosma en Geert Wilders die Oranje prinsenvlag met die bedoeling om die PVV van nazisme te beskuldig.

    Die huidige monarg van Nederland Wim van Amsberg sy vader was lid van die Hitler Jugend en sy oupa – Bernhard von Lippe Biesterveld – was lid van die SS en die Nazi Partei.

    Die vader van die vrou van Wim van Amsberg – Maxima Zorreguietta – is die argitek van die volksmoord op 30.000 Argentyne in die regime van Jorge Videla.

    Nederlanders – seuns van de Witt – het veel gemeen met die Boervolkie

  • Rooikop

    Die mens wil nou maar eenmaal sy eie god wees, sy eie baas wees, vry van alle “bindinde” dinge.
    Dit is juis hierdie “bindinde” dinge wat sorg vir ‘n ordelike samelewing. Die bron van hierdie “bindende” elemente was in die verlede saamgevat in godsdiens wette – reëls wat jy moet nakom om die belofte van saligheid. Hierdie anker vir goeie waardes en sedes word verruil vir die mens as god en juis daarom verval sulke samelewings soos wat ons ook hier sien.

    • Karel Combrick

      Rooikop, ek stem.

  • Karel Combrinck

    Daar is meer as een oogpunt waaruit ‘n mens die Liberalisme kan beskou. Die een belangrike interpretasie is die wat ons in Amerika aantref, waar die Liberalisme nie juis te onderskei is nie van die politieke en filosofiese begrip van links. In Amerika beteken liberaal links en nie veel meer nie. In Europa, en veral Frankryk word die begrip anders verstaan en beteken liberaal inderdaad regs. Regs in die sin dat dit dui op vrye ondernemerskap, kapitalisme en deesdae veral die heerskappy van mega finansiële instellings waaronder die banke.

    As ek reg lees, beskryf Prof Goosen inderwaarheid die Liberalisme volgens die Amerikaanse beskouing daarvan.

    Hoe dit ookal sy, daar is raakpunte tussen die twee benaderings en dit lyk asof die moderne (huidige) patroon dui op ‘n soort harmonisering, versoening, samekoms, noem dit wat ‘n mens wil, van hierdie twee wêreldbeelde, nl. die nuwe ekonomiese wêreldorde enersyds en die internasionalisme van die (linkse) liberales andersyds.

  • Caveat emptor

    Wat de FAK, het die FAK enige positiewe bydra gemaak tot die Blanke Boere Afrikaner gemeenskap onder die ANC? En waarom praat die FAKkundiges van ‘volgens die Voortrekkers se beskouing’ is daar dan ‘n FAK beskouing?

    • Sjert

      Stem!

      Ek’s ook lankal dik vir die spul FAKKERS en hul ewigdurende ge-gorrelry oor die verskillende variëteite van perdedrolle wat hulle as vye probeer smous, terwyl hulle Afrikaner kultuur van binne af rysmier.
      Geen verskil tussen die nuwe spul Boeties en hul voorgangers soos Papwiel de Greek, Roelfie die Kinnêrie, Stompie Wessels en die res van die klomp Boereverneukers nie.

      FAKKIE hele lot FAK-Afrikaanses en hul nuwe Boetiebonders.

  • Riempies

    Danie n goeie insigtelike artikel – wat ek mis is die rasionaal van beskawingspyl wat ontbreek, wat werklik tengronde van die problematiek van liberalisme en konserwatisme in die NSA le, trouens wereldwyd.