Antjie Krog, die femelende filistyn in Frankryk

Deel op

skoppensboer

deur Skoppensboer

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Dit word allerweë erken dat kommunisme nie bevorderlik vir letterkunde is nie, veral in voormalige kommunistiese lande soos die eertydse Oos-Duitsland en Sowjetunie. Skoppensboer wonder nog oor die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar dis vir hom glashelder dat die Afrikaanse kultuur tans feitlik geheel en al in ‘n kommunistiese dwangbuis vasgeknel word.

Voor in die koor van die gedrogtelike vorme wat Afrikaanse uitdrukking op soveel gebiede inneem, sing diegene wat dr. Dan Roodt onlangs die “snode snotkoppe” by die Naarpers-koerante genoem het. Maar agter hulle kweel daar ook ‘n mindere koor van konformistiese Kruiperkaners, die sogenaamde “Afrikaanse skrywers”. Hoewel, aangesien soveel van hulle deesdae Afrikaans afgesweer het of geradbraak kwytraak, kan ‘n mens kwalik meer van “Afrikaanse” skrywers praat. Hulle is eerder “Engfrikaans” of kreools.

Antjie Krog is ‘n boorling van die Vrystaat, die distrik Kroonstad om presies te wees, dog wie se neiging tot skouspelagtige verraad en aangebore domheid haar verhoed om ‘n Afrikaanse skrywer te wees. Gelukkig is ons van haar ontslae.

Behalwe nou waar een van die Naarpers-organe die skielike behoefte opdoen om in hul ongeletterde boekbylaes een of ander berig oor die eksotiese te plaas, in dié geval ‘n relaas deur die aardige Antjie self. Enkele dae gelede berig die Drog-Beeld dus oor die “Louter bekorende plesier van ’n poëtiese skrywer” wat mev. Samuel blykbaar op staatsbesoek – of ‘n besoek wat deur Franse staatsamptenare gereël is – aan Frankryk oorgekom het. Samuel is haar getroude van, wat meer Engels klink, dus verwonder ‘n mens jou dat sy nie dié van gebruik nie? Of is Krog korter om te skryf en moeiliker om verkeerd te spel? Want Skoppensboer se indruk van Krog is dat dit ‘n “loutere” wonderwerk dat sy haar eie naam kan spel.

In die Drog-Beeld-artikel is daar ook eienaardige taalgebruik, maar meer daaroor later. Dit maak seker sin dat een of ander sosialistiese staatsamptenaar wat laas nog vir Francois Hollande, die mees ongewilde Franse president in die geskiedenis, gestem het, vir Antjie Krog Frankryk toe moes stuur. Nie om die Franse van letterkunde te vertel nie, want daarvan weet sy niks nie, maar om een of ander vorm van voorspelbare rassepolitiek te gaan bedryf. Soos sy dit stel:

Die land is duidelik bekommerd oor die toenemende rassisme (onlangs is hul minister van justisie, Christiane Taubira, ’n swart vrou, in die openbaar as ’n slim aap deur jong mense gehoon) en dus word Suid-Afrika se apartheid en transformasie dringend deel van baie streke se leerplanne.

Lesers van praag weet heelwat van die polemiek rondom Christiane Taubira, dus sal Skoppensboer nie verder oor dié onderwerp uitwei nie. Behalwe miskien om te sê dat analfabetiese Antjie, synde een van Naarpers se werfbobbejane, seker in die gesig gevat voel oor verwysings na ape, bobbejane en ander primate. Die mens synde insgelyks ‘n primaat, verstaan Skoppensboer moeilik die gevoeligheid rondom sulke metafore. Maar sedert Kameraad Nelson se hemelvaart is almal seker kreasioniste en glo dat die mens na die beeld van “Madiba” geskape is en die ape na die beeld van die Afrikaner, soos gefotografeer deur Roger Ballen en David Goldblatt.

Iewers dig Peter Blum mos in sy bekende “Nuus uit die binneland”:

Maar as die bergwind so rukkerig waai
en tussen ons rondkrap soos ‘n stok
in ‘n miershoop – in die palms blaai
nes ‘n barbaar in ‘n keurige boek –
dan is ons rillend buite alle mure
wat ons opstapel in redelike ure
met doel en plan –

Die beeld wat Skoppensboer veral hier tref, is dié van die “barbaar wat in ‘n keurige boek blaai” – wat anomiese Antjie se toeristiese omgang met die Franse letterkunde goed opsom. Want daar struikel die Naarpers-werfbobbejaan wat laas nog kerse vir Biskop Tutu aangesteek het in Country of my skuld oor die Franse skrywer Julien Gracq. Of liewer, die sosialistiese staatsamptenare ken vir haar “by Saint-Florent-de-Vieil… die pasgerestoureerde huis van die Franse skrywer Julien Gracq letterlik op die wal van ’n verbysterend vinnig vloeiende Loire” toe om vyf dae lank met haar filistynse teenwoordigheid te onteer.

Le comble de l’ironie, soos die Franse sê – as Skoppensboer nou sy hoërskool-Frans onthou – oftewel die toppunt van ironie, is dat Julien Gracq ‘n hoë premie op verfyndheid geplaas het. In dié opsig was hy ‘n geesgenoot van sowel Nietzsche as Van Wyk Louw se “aristokratiese ideaal”. Trouens, in die aanvanklike tonele van die boek wat hom beroemd gemaak het, Le rivage des Syrtes, is daar sprake van jong aristokrate wat hul lewens aan “verhewe verveling” wy. Vir dié boek het Gracq die belangrikste Franse boekprys, die Goncourt-prys, ontvang. En dit geweier, omdat hy allerlei beginselbesware daarteen had.

Hier by ons weier niemand natuurlik ‘n prys nie. Trouens, die Naarpers-werfbobbejane ken pryse aan mekaar toe! In die filistynse tydvak waarin ons leef, is dit genoeg om ‘n vetsugtige vriendin in die Afrikaanse departement van die Universiteit van Stalinbos te hê om as ‘n literêre genie “bekroon” te word. Nie dat Skoppensboer dié sake noukeurig volg nie, maar hy meen Antjie Krog, die kommunistiese koek uit Kaapstad, het al meer as een prys vir haar kreoolse digkuns of onbeholpe witskuldbelydenisse ontvang.

As dit alles nie so tragies was nie, sou dit nogal snaaks gewees het. Laas het Krog nog soos ‘n viswyf op die Kaapse vlakte in haar Engfrikaans aanklagte teen die rassistiese Afrikanerman – binne haar versteurde toestand is alle Afrikanermans per definisie rassisties – gekrys. Nou staan sy skielik in ‘n verfynde Franse skrywer se ouerhuis vol tradisie en herinneringe en bevuil die milieu met haar polities korrekte, platvloerse gedagtes. Terloops, dis “Saint-Florent-le-Vieil”, nie “de-Vieil” nie. Dus het die baar toeris Krog-Samuel of Madikizela-Mandela – of watse nieu-Suid-Afrikaanse naam sy ook al soos ‘n gekoopte ID van binnelandse sake dra – in haar anti-rassistiese roes… “sur-Loire”, nie mooi agtergekom hoe heet die skilderagtige dorpie waarin sy haar bevind nie. In sy roman oor die ondergang van die Westerse beskawing, wat in Afrikaans deur Naomi Morgan as Omsingel die laer van die heiliges vertaal is, praat Jean Raspail iewers van “vreemde, skurwe hakke wat oor ons lakens van fyn linne kom skuur” en ek stel my voor hoe die Naarpers-werfbobbejaan Saint-Florent-le-Vieil met haar dors na Engels, vaaljapie en toasted cheese moes binnegeval het.

Verbeel jou hoe sy soggens in die Franse bakkery met sy welriekende croissants, brioche en chaussons aux pommes na dít alles moes gestaar het, op soek na haar vetterige, Engelse spek-en-eier soos net die Zimbabwiese personeel van die Wimpy dit kan gaarmaak. Of hoe sy woedend op die plattelandse Franse, wat helaas nie haar geliefkoosde Rooitaal magtig sou wees nie, moes geskree het, in daardie aksent van iewers tussen Kroonstad en Mitchellsplein: “But where’s my friggin’ toasted cheese?!”

Soos sy in haar toeristiese vinjet in die Drog-Beeld kla: “Al vertaling wat ek in Parys te koop kon kry, was Château d’Argol.” En dan haal sy uit ‘n ander boek van Gracq op’t Ingels aan, ter illustrasie van wat sy sy “poëtiese styl” noem. Trouens, in ‘n enkele sin gebruik sy die woord “poëties” sommer twee keer, net om seker te maak haar klippies-en-Coke-lesers van die Drog-Beeld het die “groot woord” raakgesien:

“Sy poëtiese styl is sentraal, maar hy slaag daarin om sowel die karakters as die omgewing so aan te bied dat mens voel asof jy slegs deur die poëtiese werklik toegang tot hul essensie kan kry.”

Dis diep, hoor. Baie diep. Skoppensboer is seker ‘n paar van die Franse skoolkinders vir wie sy sedelesse oor rassisme en transformasie gaan leer het, sou haar met logika en ontleding kon reghelp, om van ‘n paar matriekleerlinge hier in die Transvaal nie te praat nie. Maar die punt omtrent ‘n anglofiele epigoon soos Krog-Samuel is dat alles maar net nabootsing, na-apery is. Sy wat met haar mimiek en pretensie en pseudo-intellektualisme besig is, is nie eens – soos Madame la ministre Taubira – ‘n “slim aap” nie. Sy is ‘n dom aap. ‘n Bobbejaan. ‘n Naarpers-werfbobbejaan wat in enige ander land onder enige ander bewind nie eens ‘n behoorlike hoërskoolonderwyser – soos Julien Gracq jare lank was – sou kon uitmaak nie.

Naarpers maak ‘n mens gewoonlik naar; dis so min of meer die raison d’être van hul publikasies en die mense wat daarin skryf. In die betrokke braaksel oor Julien Gracq is daar dan so ‘n hoogtepunt of laagtepunt, afhangend van hoe ‘n mens daarna kyk – naarpunt is dalk die gepaste woord – waar sy die woord “bootse” gebruik. Skoppensboer het eers gewonder of dit gaan oor ‘n boot of bote op die rivier, die “verbysterend vinnig vloeiende Loire” – dalk digterlike vryheid, bote, bootse – maar toe kom hy agter dis kreools vir “stewels”. Soos in die Engelse woord boots, die meervoud van boot.

Aan die einde van haar onbeholpe “Franse brief” wat toe Engels-kreools blyk te wees, praat sy oor Houellebecq en sê iets neerhalends oor “’n soort ossewa-letterkunde”. Weereens moet ‘n mens bekend wees met Engels-Suid-Afrikaanse stereotipes om iets daarvan te begryp. Enigiets wat met die Voortrekkers of die Boererepublieke te make het, is mos agterlik. Soos die “laager” of die ossewa.

Overgezet synde: Ek aspireer na Engels, dus is ek ‘n slim na-aper. En ek haal Franse boeke en titels in Engels aan. Waarvoor ek ‘n bekroning of ten minste ‘n kloppie op die skouer verdien.

As Skoppensboer enige raad aan Krog-Samuel en die marxistiese soustantes doer in die Kaap waar die wind so waai verskuldig is, sou dit wees: Vergeet liewer van die Franse, van Julien Gracq en Saint-Florent-le-Vieil. Ook van vorige geslagte Afrikanerskrywers wat vrylik vreemde tale gelees en daaruit vertaal het. Vervolg liewer ‘n paar andersdenkendes of lewer histeriese pleidooie vir sensuur, soos u gewoonte is. Verheerlik Bertolt Brecht, Pablo Neruda of ander kommunistiese skrywers. Of die compagnons de route (reisgeselle) van die Kommunistiese Party waarteen Gracq te velde getrek het. Polities korrekte skrywers wat so min of meer deur die staat of die universiteite onderhou word, is die “weg en die waarheid”.

Onderhou die chateau van illusies wat Naarpers aan ons bied en messel uself daarin toe sodat die nuus uit die binneland, dié van babaverkragtings en plaasmoorde, u veral nie bereik nie.

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.