Tweede Malawiër met miljoene se dwelms betrap

Deel op

beitbrug‘n Malawiër sal Vrydag in Musina se landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hy na bewering in die besit van kokaien ter waarde van R19 miljoen betrap is.

Hy is verlede week by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem.

Die dwelms is deur ‘n snuffelhond op die bus waarin hy gery het, uitgeruik.

Borgtog is verlede week aan nog ‘n Malawiër borgtog geweier nadat hy met R23 miljoen se kokaien by Beitbrug betrap is.

Die departement van binnelandse sake het intussen gesê dat hulle bykomende personeel by die ingangspunte na die land sal ontplooi om te help om die toename in besoekers.

‘n Woordvoerder van die departement, Ronnie Mamoepa, sê die maatreëls sal gedurende die hele Feestyd geld.

Hy sê meer as drie miljoen mense het reeds in Desember die land ingekom, wat sowat 8% meer is as verlede jaar.

Die besigste punte was Johannesburg se OR Tambo-lughawe, gevolg deur die Beitbrug-grenspos.

‘n Swart sak met 25 pakkies wat na kokaïen lyk, is gevind by Hartenbos se strand, naby Mosselbaai, het die Wes-Kaapse polisie Vrydag gesê.

‘n Lewensredder het op Kersdag ‘n swart sak in die water in die see by Hartenbosstrand gewaar,” het kapt Bernadine Steyn gesê.

“Die sak was aan ‘n tou wat gekoppel en was aan ‘n voorwerp aangeheg.

In die sak was daar 25 pakkies wat kokaïen kan wees. “Elke pakkie weeg net meer as ‘n kilogram en as dit wel kokaïen is, sal die sak ‘n geskatte straatwaarde van R8 miljoen hê.

“Die pakkies sal na ‘n laboratorium geneem word om getoets te word, om [te sien] of dit kokaïen is of nie,” het Steyn gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.