Leiers van Oos-Afrika byeen om Suid-Soedan te bespreek

Deel op
Salva Kiir skud blad met George W Bush
Salva Kiir skud blad met George W Bush

Leiers van Oos-Afrika sal vandag in Nairobi, Kenia byeenkom om die dreigende burgeroorlog en voortslepende geweld in Suid-Soedan te bespreek.

Dié vergadering volg na Donderdag se samesprekings tussen die president van Kenia, Uhuru Kenyatta, die Ethiopiese premier Hailemariam Desaleg asook president Salva Kiir van Suid-Soedan.

Op die sakelys was die onmiddelike beëindiging van gevegte, onderhandelinge met die oog op ‘n politieke oplossing, en die huidige humanitêre krisis.

Nog ‘n kwessie wat aandag sal geniet is die aanhouding van ‘n groep verdagtes wat deel was van die mislukte staatsgreep.

Volgens die Verenigde Nasies is duisende mense in Suid-Soedan reeds gedood nadat geweld op 15 Desember uitgebreek het.

President Salva Kirr het sy voormalige adjunkpresident, Riek Machar van ‘n poging tot ‘n staatsgreep beskuldig en dié beskuldiging het tot die geweld gelei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.