Africom maak reg vir Suid-Soedan

Deel op
Genl. David M. Rodriguez
Genl. David M. Rodriguez

Die bevelvoerder van die Amerikaanse Africa Command sal magte in Oos-Afrika herposisioneer in ‘n poging om maksimum buigsaamheid te verseker om te kan reageer op die State Department se versoek, het ‘n Pentagon-woordvoerder kol. Steve Warren aan verslaggewers gesê.

Warren ook aan verslaggewers gesê dat drie van die vier Amerikaanse personeel wat gewond is op 21 Desember in Bor, Suid-Soedan sal na die Landstuhl militêre hospitaal in Duitsland ontruim word. Die vierde sal ontruim word wanneer sy toestand stabiliseer.

Die vier beseerde Amerikaanse dienslede is tans in ‘n hospitaal in Nairobi, die Keniaanse hoofstad. Hulle is getref deur kleinwapenvuur toe hul Osprey probeer het om te land in Bor .

Genl David M. Rodriguez, die bevelvoerder van Africom, het elemente van die Spesiale Taakmag van Moron, Spanje, na Camp Lemonier, Djiboeti oorgeplaas.

Die Amerikaanse verdedigingsekretaris Chuck Hagel volg die situasie nougeset en is in byna deurlopende kommunikasie met die bevelvoerder, het die amptenaar gesê .

Ongeveer 3.000 buitelandse burgers bevind hulle nog steeds in Suid-Soedan ten spyte van talle Amerikaners wat reeds uit die geweldgeteisterde land verwyder is.

‘n Humanitê koördineerder van die Verenigde Nasies sê burgers van Australië, Brittanje en Kanada is steeds in Suid-Soedan

‘n VN-sending het belowe dat hy nie enige burgerlikes sal agterlaat nie. Die Amerikaanse Departement van Verdediging het nie aangedui of hulle met die VN skakel oor die lot van dié burgerlikes nie.

‘n Woordvoerder in die hoofstad Juba, Joseph Contreras, sê die VN-vestings waar meer as 20.000 vlugtelinge skuiling gesoek het, is relatief veilig.

Sporadiese aanvalle kom steeds voor en geweer- en masjiengeweervuur word redelik gereeld in die stad Bor gehoor.

Dit is dieselfdse stad waar rebelle die naweek op drie VN militêre vliegtuie en Amerikaanse helikopters geskiet het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.