Stalinistiese afgodbeelde

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Die mensdom is nou maar eenmaal lief vir sy standbeelde. Die volk Israel het vir Moses ernstig beswaard gehad toe hulle ‘n standbeeld van ‘n goue kalf gemaak het, toe Moses vir veertig dae op die berg Sinaï verdwyn het. Die volk en die Israeliet Aäron se standbeeld van die goue kalf het vir Moses só onstig dat hy die twee tablette waarop die Tien Gebooie geskryf was, stukkend gegooi het. Wonder terloops wat ‘n Afrikaner-Moses in die jaar 2013 sou gesê het, as hy die klakkelose afgodediens aan Sint Mandela sou gadeslaan.

Lank vóór Moses, het jou en my voorouers in Europa standbeelde gemaak van moederlike figure. Daar is byvoorbeeld ‘n sogenaamde Venus in Willendorf, Oostenryk, gevind, wat na bewering terugdateer na 26 000 jaar vC. Dié se liggaamsbou herinner aan ’n wafferse Angie Motshekga, met formidabele dye, boude en borste.

Die Grieke en Romeine het die kuns van standbeelde na ‘n hoogtepunt gevoer. As ek Azaniese taxibestuurders sien, wat so met die een arm by hul voertuie se vensters uithang, herinner hulle my aan die armlose Griekse standbeeld van die godin van liefde, Venus, wat in sowat 100vC geskep is, ter ere van die godin van liefde, wat in die Louvre staan.

Tydens die Renaissance het Michelangelo sy Dawid-meesterstuk geskep. Later het die Franse vir die Amerikaners die Statue of Liberty geskenk, en in 1903 is die meerminstandbeeld in Kopenhagen opgerig.

Politieke standbeelde is eweneens nie ‘n nuwe verskynsel nie. Die Romeine en Egiptenare was bekend vir hul standbeelde van hul adel en keisers. Gaius Julius Caesar se gevreet is aan ons almal bekend, as gevolg van verskeie borsbeelde en standbeelde tot sy eer, wat deur die Romeine aan ons nagelaat is. Ná Abraham Lincoln se dood is ‘n standbeeld van ‘n sittende Lincoln in Washington opgerig, wat strak oor die Washingtonse National Mall uitstaar. Ook in Suid-Afrika het ons ons politieke standbeelde gehad. Van Riebeeck en sy vrou pryk in Kaapstad. JG Strijdom se standbeeld het oor Strijdomplein in Pretoria gekyk. Verwoerd se standbeeld moes na Orania verskuif word.

Die meesters van groteske, politieke standbeelde was egter die kommuniste. Veral standbeelde van Stalin was berug vir hulle obsene verering van die anti-held, Stalin. ‘n Kenmerk van Stalin se standbeelde was hul enorme grootte. Hoe groter, hoe beter, was die riglyn vir kommunistiese beeldhouers; ‘n tipe hiperrealisme. Jan van Riebeeck se amper-lewensgrootte standbeeld en JG Strijdom se standbeeld is beskeie, gemeet aan die oordadige afmetings van tipiese kommunistiese standbeelde.

stalin_statue
Die eertydse standbeeld van Stalin in Praag, tans Tsjeggië

Die mees berugte voorbeeld hiervan was ‘n massiewe granietstandbeeld van Stalin in Praag, wat tussen 1955 en 1962 in Tsjeggo-Slowakye gestaan het. Díé groteske beeld was 15m hoog (sowat 5 verdiepings) en was sowat 22m lank. Op sy dag was dit die grootste standbeeld in Europa. Dit het die beeldhouer, ene Otokar Svec, sowat 5 jaar geneem om te voltooi. Dit het Stalin uitgebeeld, vooraan ‘n ry van figure, wat op spottende wyse die “tou vir vleis” deur die inwoners van Praag genoem is, in ‘n siniese verwysing na die kenmerkende toue vir kos in kommunistiese regimes. Mettertyd het Stalin egter selfs vir kommunistiese bewinde ‘n verleentheid geword, en díé standbeeld is in 1962 dmv 800kg springstof vernietig. Otokar Svec het die dag voor die onthulling van die standbeeld, selfmoord gepleeg. Kennelik het sy gewete hom gepla.

Suid-Afrika, synde een van die laaste vestings van die kommunisme, naas Kuba en Noord-Korea, het egter nog nie die lesse van die geskiedenis ter harte geneem nie. ‘n Enorme, 6m hoë, stalinistiese standbeeld van Mandela is in 2004 in Sandton Square opgerig. Tot vandag toe neem toeriste foto’s voor dié stalinistiese standbeeld in Sandton Square, salig onbewus van die feit dat die ikoon Mandela ook ‘n toegewyde kommunis was – hy het byvoorbeeld ‘n traktaatjie, How to be a Good Communist, geskryf, en die SAKP het onlangs op aanspraak daarop gemaak dat Mandela vanaf 1962 ‘n lid van die SAKP was. Ek het geen rede om van die SAKP te verskil nie – die KGB-kolonel en SAKP-lid, Joe Slovo, het sekerlik geweet waarvan hy praat. Daarom hoef ons nie verbaas te wees dat daar ook in Suid-Afrika ‘n stalinistiese verering van Mandela sou plaasvind nie.

Die jongste voorbeeld van die heersende neo-stalinisme in Suid-Afrika, is die onlangse onthulling van ‘n selfs groter stalinistiese standbeeld van Mandela as die obsene gedrog in Sandon Square – dié een is 9m hoog – by die Uniegebou. President Zuma het die opgrigting hiervan afgekondig nadat Mandela oorlede is. Met geweldige ironie is hierdie standbeeld, nes dié van Stalin in Praag, ook nie deur Mandela se volksgenote geskep nie. Otova Svec was nie ‘n Georgiër soos Stalin nie, en die skeppers van die stalinistiese beeld van Mandela was ook nie Xhosas soos Mandela nie. Nee; hulle was Afrikaners: André Prinsloo en Ruhan Janse van Rensburg.

G’n mens weet wat dié twee besiel het om aan ‘n stalinistiese standbeeld aan ‘n dooie kommunis te werk nie, buiten miskien geld. Ek hoop maar vir hul eie onthalwe dat hulle tot besinning kom, voordat hulle gewetens hulle ook, nes Otoka Svec, opkeil, en hulle miskien insgelyks selfmoord pleeg wanneer hulle besef wat hulle gedoen het. Stalin was ook ‘n held in 1955, maar skaars sewe jaar later is sy standbeeld met trinitrotolueen opgeblaas, toe hy ‘n verleentheid geword het. Sewe jaar is ‘n lang tyd in die politiek; ek droom van die blye dag wanneer die afstootlike standbeelde van Mandela, nes Stalin en Saddam s’n, vernietig word.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.