‘n Kultuuroorlog breek uit in VSA

Deel op
duckdynasty
Phil Robertson met gevoude arms

Dinge tussen die Republikeine en Demokrate wat ras betref lyk al sedert die inhuldiging van die VSA se eerste swart president nie te waffers nie. Daar heers ‘n ongemaklikheid en ‘n gemor oor gesondheidswetgewing, die skuldplafon en ‘n anti-wit klimaat wat posgevat het.

Republikeine sal aanstons weens immigrasie nie meer ‘n pro-wit-beleid openlik kan voer nie en die rassekwessie prut deurentyd onder die oppervlak.

Maar nou het ‘n volskaalse kultuuroorlog uitgebreek oor ‘n gewilde TV-reeks wat die ou Noord-Suid verdeling soos tydens die Amerikaanse burgeroorlog teen mekaar opgestel het.

Mededingende faksies het die Grand Canyon van Amerika se politieke kloof oopgemaak met ‘n nasionale gesprek oor Duck Dynasty, waarvan die rolspelers baie op helde uit die Confederacy, die pro-wit Suide, lyk.

Duck Dynasty is ‘n Amerikaanse realiteitsreeks op A & E.

Dit wys die lewens van die Robertson-gesin, wat ryk geword het uit hul familie-saak, Duck Commander, wat hulle uit Wes-Monroe, Michigan, bedryf.

Die Robertsons maak produkte vir eendjagters, veral die eendfluit. Die Robertson-broers Phil, Si, en Phil se seuns Jase, Willie , en JEP , is bekend vir hul lang baarde en hulle Christelike standpunte.

Die besigheid het in ‘n skuur begin, waar Phil Robertson 25 jaar lank eendfluite uit Louisiana se sederhout vervaardig.

Sy seun Willie is nou die hoof-uitvoerende beampte van die maatskappy en hul daaglikse doen en late word uitgesaai op die realiteitsreeks.

Die reeks het al verskeie gewildheidsrekords op beide A & E en kabeltelevisie as ‘n geheel gebreek, met die vierde seisoen se première wat ‘n ongelooflike 11.800.000 kykers gelok het.

Dit is loshande die gewildste reeks in die geskiedenis, maar op 18 Desember 2013 het A & E aangekondig dat hy Phil Robertson onbepaald gaan skors as gevolg van anti-gay kommentaar wat hy gemaak in ‘n GQ-onderhoud.

En boonop het Robertson die Bybel as bewys gebruik en hy weier botweg om verskoning te maak vir sy vergelyking dat gay-wees iets met bestialiteit in gemeen het. Dit is genoeg van ‘n rooi vlag vir “progressiewes” in die VSA om rasend te raak van veroordeling en ‘n nuwe anti-wit koors.

Duidelik het diesulkes uiteindelik ‘n rede gevind om die gewildheid wat regse idees in Amerika het, met vars ywer te beveg.

Robertson het in die onderhoud gesê: “Alles vervaag oor wat reg en wat verkeerd is… Sonde word aanvaarbaar. Dit begin met homoseksuele gedrag en beklad net alles… Bestialiteit, rondslaap met hierdie vrou en daardie vrou en dan daardie mans.”

Dit was waarskynlik net ‘n kwessie van tyd voordat die ster sy idees in die openbaar sou weergee om te bots met die “progressiewe houdings”, lees totalitêre en onverdraagsame vooroordele, van Amerika se Hoofstroomnuusnazi’s.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.